Woon by: “Hoe om sakesiklusse te ontleed”, met Russell Lamberti by CFA-vereniging

Russell Lamberti, Hoofekonoom van Sakeliga, in samewerking met die CFA Vereniging Suid-Afrika doen eersdaags ‘n aanbieding oor hoe om sakesiklusse te ontleed. Die aanbieding is oop vir publieke bywoning. Russell se sessie sal praktiese gereedskap bied vir die ontleding van sakesiklusse en die ontwikkeling van strategiese besigheids- en beleggingsimplikasies. Die aanbieding sal insluit hoe om […]


Sakeliga kondig R5m-loodsprojek vir kommersiële arbitrasie in Pretoria aan

Die sake-organisasie Sakeliga kondig môre ‘n loodsprojek met meer as R5 miljoen se pro deo* (gratis) arbiterdienste vir kommersiële arbitrasie in Pretoria aan.   Die projek het ten doel om die reuse agterstande met kommersiële regspleging in Suid-Afrika, wat die ekonomie ernstig kniehalter, te help oplos. Partye met verhoorryp sake in die Pretoria Hooggeregshof, oor ‘n […]




Sakeliga-argumente in Resilient-saak bring finaal ‘n einde aan krag- en wateronderbrekings weens wanbetaling-geskille

Staatsinstellings wat dienste lewer, insluitend Eskom, sal voortaan nie meer betalende eindgebruikers kan benadeel weens wanbetaling deur munisipaliteite nie. Geen geskil tussen enige staatsinstellings mag trouens meer aanleiding gee tot benadeling van betalende eindgebruikers nie. Hierdie beginsel, wat verlede jaar in ‘n uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl neergelê is in die Resilient-saak teen Eskom waarby Sakeliga betrokke was, is nou finaal deur die Konstitusionele Hof bekragtig Die Konstitusionele Hof het Eskom se aansoek om verlof tot appèl in die Resilient-saak sowel ‘n soortgelyke saak in Sabie geweier.  Sakeliga het […]


Sakeliga bring hofaansoek vir Dlamini-Zuma se Covid-bevelsraadrekords

Die sakegroep Sakeliga het ‘n hofaansoek gebring om die regering te dwing om sy gronde vir die staat van inperking, rampbestuursregulasies en grendelstaatvlakke openbaar te maak.   Die hofaansoek vorm deel van ‘n proses, ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se rekords van besluitneming oor die grendelstaat en alle rampbestuursregulasies te bekom. Ingevolge die Wet op Rampbestuur is Dlamini-Zuma as Minister van […]


Pretoria Landdroshof weer funksioneel, Sakeliga gaan reuse bottelnek op hofrol aanspreek

Na weiering vroeër hierdie maand om bestrede sake aan te hoor, oënskynlik weens Covid-19 redes, hoor die landdroshof in Pretoria nou weer alle sake aan. Sakeliga het op 3 Augustus ‘n dringende brief aan die kantoor van die hoofregter, die Tshwane -hooflanddros, die landdroskommissie, die agbare regterpresident Mlambo en die minister van justisie en konstitusionele […]


Geen opponering vir Sakeliga se munisipale betaalmeesterhofsaak

Sakeliga maan ministers en Noordwes-premier om opponerende stukke voor 25 Augustus te liasseer Geen van die respondente in Sakeliga se munisipale betaalmeesterhofsaak, insluitend die Minister van Finansies, die Minister van Samewerkende Regering en die premier van Noordwes, het betyds opponerende stukke by die Hooggeregshof in Mahikeng geliasseer nie. Dit volg op meer as een uitstelooreenkoms […]


Regulasie: Sertifikate van Behoefte vir Gesondheidsinstellings

Sakeliga se kort voorlegging op die voorgestelde regulasie wat sertifikate van behoefte vereis vir gesondheidsinstellings kan hier (in Engels) verkry word. Sakeliga se belangstelling in die voorgestelde regulasie kom neer op die indringing wat op markvryheid, veral die regte op vryheid van assosiasie en vryheid van loopbaankeuse gemaak word. Sakeliga staan die voorstel teen.  


2021-Weergawe van die Wetsontwerp op die Agtiende Grondwetwysiging

Sakeliga se omvattende voorlegging op die 2021-weergawe van die Wetsontwerp op die Agtiende Grondwetwysiging kan hier (in Engels) gevind word. Die Wetsontwerp beoog om die verskynsels van konfiskering (sogenaamde “onteiening sonder vergoeding”) en nasionalisering (sogenaamde “staatsvoogdyskap”) in die Suid-Afrikaanse grondwetlike en eiendomsreg in te bring. Na ons mening verteenwoordig die Wetsontwerp beduidende, miskien eksistensiële, bedreigings […]