OORSIG

Sakeliga se koste-vriendelike arbitrasieplatform is tans in ‘n loodsprojek-fase. Dit het ten doel om noodverligting te bring vir verhoorryp partye met kommersiële geskille wat op die hofrol vashaak. Meer as 40 prokureurs en advokate het reeds bereidwilligheid aangedui om pro deo – in belang van die gemeenskap – een tot drie dae op sy te sit vir ‘n arbitrasieverhoor. Geskikte partye kan nou hul verhoorryp-sake na Sakeliga se arbitrasieplatform verwys. Kriteria sluit in:

STAPPE: VERWYSINGS NA SAKELIGA SE ARBITRASIEPLATFORM

Voorverhoor-notule

Partye moet die notule van die voorverhoor-vergadering, asoosk die aanhangsel hiertoe, voltooi. Laai die dokumente hier af.

Kontak ons

Een van die partye stuur 'n e-pos aan [email protected] en sit die breë besonderhede van die geskil uiteen sodat Sakeliga kan vasstel of die geskil geskik is vir Sakeliga se platform. Die voltooide notule van die voorverhoor-vergadering asook die aanhangsel daartoe, moet ook aangeheg word.

Arbiter

Indien die geskil geskik is vir verhoor via Sakeliga se platform, sal partye dan ’n arbiter kan nomineer uit die opsies wat vir hulle beskikbaar gestel word. Die partye, in besonder die dominus litus moet dan verdere reëlings met die arbiter tref, en Sakeliga sal na afloop van die verhoor terugvoer van die arbiter en partye ontvang oor die verloop van die proses.

VRAE EN ANTWOORDE

Vir die loodsprojek word arbiters nie vergoed nie en dra die partye dus nie die koste vir die arbiter se betrokkenheid en tyd nie. Daar is wel beperkte kapasiteit beskikbaar vir die loodsprojek en Sakeliga waarborg nie dat enige party wat aansoek doen, in aanmerking sal kom vir arbitrasie via die koste-vriendelike loodsprojek nie.

Partye is ook verantwoordelik vir hul eie regspanne se kostes. 

Dit is die partye se verantwoordelikheid om in oorleg met die arbiter ‘n ligging en datum vir die arbitrasie vas te stel. 
Op spesiale versoek kan Sakeliga konferensie- en klankfasiliteite beskikbaar stel vir arbitrasies.

Geskikte partye is partye wat tans met ’n verhoorryp saak (kommersieel van aard) voor die hooggeregshof is, en sal verkies om eerder die saak te verwys vir arbitrasie via Sakeliga se platform. Ten minste een van die partye moet ook lid by Sakeliga wees.

Arbitrasieverhore moet binne een tot drie dae afgehandel kan word.

Stuur eenvoudig ‘n e-pos aan [email protected] en dui aan:

 

  1. Jou naam en van
  2. Jou professie (prokureur / advokaat / ander)
  3. Jare se ervaring in professie
  4. Spesialisvelde waarin jy praktiseer (bv. kontrakte, konstruksie, ens.)

Ons sal dan met jou kontak maak om jou betrokkenheid te bespreek.