Sakeliga: President Ramaphosa se Covid-19-verklaring Sondagaand betekenisvol in beide behulpsame en skadelike opsigte

Sakeliga beskou president Cyril Ramaphosa se Covid-19-verklaring Sondagaand as beduidend in sowel gunstige as skadelike opsigte.   Ons is diep bekommerd oor sy stelling dat inenting verpligtend kan word, en ook sy vaagheid oor waarmee hy van plan is om die ramptoestand te vervang. Ons verwelkom sy kritiek op wetenskaplik ongegronde politieke besluite oor reisbeperkings en sy weerstand teen verhoogde inperkingsvlakke in Suid-Afrika.   Dit is bemoedigend dat die president duidelike en welkome […]


Skuld, grondpaaie, vullis en korrupsie: die storie van Ditsobotla-munisipaliteit in Noord-Wes

Provinsiale amptenare het tot onlangs nog tevergeefs gespartel om Clover te oortuig om nie sy produksieaanleg in Lichtenburg (binne die Ditsobotla munisipale area) toe te maak en elders te skuif nie. Vir Clover is groot verliese as gevolg van jarelange onderbrekings van water en elektrisiteit, sowel as ontelbare slaggate, egter nie meer ‘n lewensvatbare opsie […]


Die pad na selfstandigheid vir besighede waar munisipaliteite verval

Tian Alberts Sakeliga het hierdie jaar ‘n unieke hofsaak geloods om ‘n sogenaamde spesiale betaalmeester in munisipaliteite in Noord-Wes te laat aanstel. Aangesien die verval in dorpe in Noord-Wes net so duidelik is soos die onvermoë van munisipaliteite en die Noord-Wes provinsie om die verval te stuit, is dit tyd vir nuwe oplossings buite die […]


Sakeliga kan nou NW munisipale bestuurder strafregtelik tot verantwoording roep

Sakeliga oorweeg om die Hooggeregshof in Mahikeng te nader vir ‘n bevel dat die munisipale bestuurder van die Kgetlengrivier-munisipaliteit in Noord-Wes, in minagting van die hof verkeer en na gelang van die hof se diskresie tronkstraf óf ‘n boete óf albei opgelê moet word.   Hierdie stappe word oorweeg aangesien Kgetlengrivier-munisipaliteit reeds vir meer as vyf maande […]


2021-mediumtermynbegroting bevestig die meriete van strategie vir staatsbestandheid

Enoch Gondongwana, Minister van Finansies, se mediumtermynbegroting bevestig dat die regering die fiskale krisis wat hy sedert 2009 geskep het, nie ernstig genoeg opneem nie. Sakeliga beskou derhalwe Donderdag se mediumtermynbegroting van die Nasionale Tesourie as verdere ‘n bevestiging van die noodsaak vir besighede en gemeenskappe om hulself so veel as moontlik staatsbestand te maak. Die […]


Uitnodiging na sakeontbyt met Hongaarse sakelui uit eiendomsektor

Sakeliga ontvang op 25 November ‘n delegasie van sakelui en beleidmakers uit Hongarye, met verteenwoordiging uit die Hongaarse eiendomsektor. Tydens die sakeontbyt sal deelnemers mekaar van nader kan leer ken en sal die Hongaarse afvaardiging aanbiedings doen oor: Hoe Hongarye uit ‘n sake- en ekonomiese perspektief lyk en die Hongaarse eiendomsbedryf en geleenthede daarin. Die […]


Patel se Maatskappyewet-wysigingswetsontwerp hou verdere ekonomiese skade in

Die sakegroep Sakeliga is gekant teen die voorgestelde Maatskappyewet-wysigingswetsontwerp en het dit so aan die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (dtic) bekendgemaak. Die huidige wetsontwerp is ‘n vroeë-fase-voorstel deur minister Ebrahim Patel en die departement en geniet nog nie aandag van die betrokke portefeuljekomitee by die Parlement nie. “Hierdie wysigingswetsontwerp is presies waarvan die […]


Sakeliga beleidsvoorlegging oor Maatskappyewet-wysigingswetsontwerp, 2021

Sakeliga het van die geleentheid gebruik gemaak om bondige kommentaar te lewer op die voorgestelde Maatskappyewet-wysigingswetsontwerp, 2021. Sakeliga is gekant teen die voorgestelde wysigingswetsontwerp en het hierdie teenkanting aan die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (dtic) bekendgemaak. Sien hieronder die voorlegging wat op 29 Oktober 2021 aan die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging […]



Woon by: “Hoe om sakesiklusse te ontleed”, met Russell Lamberti by CFA-vereniging

Russell Lamberti, Hoofekonoom van Sakeliga, in samewerking met die CFA Vereniging Suid-Afrika doen eersdaags ‘n aanbieding oor hoe om sakesiklusse te ontleed. Die aanbieding is oop vir publieke bywoning. Russell se sessie sal praktiese gereedskap bied vir die ontleding van sakesiklusse en die ontwikkeling van strategiese besigheids- en beleggingsimplikasies. Die aanbieding sal insluit hoe om […]