Grondhofwetsontwerp, 2021

Sakeliga se kort voorlegging op die Grondhofwetsontwerp kan hier (in Engels) verkry word. Sakeliga se belangstelling in die Wetsontwerp is veral gemik op die veranderinge wat beoog word met betrekking tot die reëls met betrekking tot hoorsê-getuienis in grondeise. Sakeliga is bekommerd dat die toelating van hoorsê-getuienis privaat eiendomsreg, ‘n noodsaaklike voorwaarde vir ‘n welvarende […]


Sakeliga doen beroep op ondernemings om skadelike staatsinmenging te verreken

“Die regering geniet nie sakelui se ondersteuning vir meer van dieselfde nie, nie soos wat vanaand in die toespraak van President Cyril Ramaphosa vervat is nie. Dit is daarom noodsaaklik en te verwagte dat in die komende maande en jare ondernemings self van ekonomiese koers sal verander. Ondernemings sal werk aan planne en strategieë wat […]




Besighede en weldaadsorganisasies genooi om deel te neem aan beveiligde konvooi van Gauteng na KwaZulu-Natal

Sakeorganisasies bekom tans sekuriteitsbegeleiding vir noodleniging en voorraadverskaffing na geteisterde gebiede in KwaZulu-Natal, gegewe vertragings en onsekerhede met heropening van die N3. Die konvooi is ‘n gesamentlike inisiatief van die sakeorganisasies Sakeliga, Saai en Neasa. Sekuriteitsbegeleiding sal verskaf word deur Dyck Advisory Group, insluitende met gewapende personeel en lugsteun. Die projek dien ter gebeurlikheidsbeplanning, gegewe […]


Plundering en versnellende staatsverval regverdig kragtige reaksie van privaatsektor en gemeenskap

Die huidige wydverspreide plundering en versuim deur die staat om in te gryp regverdig ‘n kragtige reaksie deur ondernemings en georganiseerde gemeenskapstrukture om wet en orde te herstel. Die onluste, ontketen deur die tronkstraf van oud-president Jacob Zuma, put momentum uit jare se ekonomiese en sosiale druk versnel deur grendelstaatinperkings. Sakeliga: verwelkom alle wettige en […]


Gesentraliseerde risikobestuur is steeds nie die oplossing

Die kenmerk van die Suid-Afrikaanse regering se Covid-19-reaksie is die sentralisering van risikobestuur. Dit het voorkeur verleen aan ongenuanseerde ingrepe op die ekonomie, onderwys, godsdiens, medikasie, inentings, tot ‘n beduidende mate protokolle by mediese fasiliteite, en meer.  Vanaand se aankondiging van ‘n aangepaste vlak vier grendelstaat sit hierdie benadering voort, deur besluitneming deur die regering steeds sentraal tot pandemierespons te plaas. Tog was die resultate van die gesentraliseerde benadering tot so ver uiters swak.  […]


Sakeliga stel Russell Lamberti as hoofekonoom aan

Die sakegroep Sakeliga het Russell Lamberti as hoofekonoom aangestel, effektief 1 September 2021. Lamberti sal verantwoordelik wees vir ekonomiese en beleidsontleding en –ontwikkeling by Sakeliga, gerig nie slegs op regulatoriese hervorming nie, maar ook op die ontwikkeling van privaatsektoralternatiewe en oplossings. Hy sal strategiese en bestuursbydraes ter ondersteuning van die organisasie se missie lewer, naamlik […]


Sakeliga eis dat die regering sy feite rakende Onteieningswetsontwerp- studie uitklaar

Die sakegroep Sakeliga doen ‘n beroep op die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur om sy beweerde sosio-ekonomiese impakstudie (SEIS) oor die Onteieningswetsontwerp terug te trek en om verskoning te vra vir die nalatige wanvoorstelling van die perspektiewe van burgerlike organisasies op die wetsontwerp.  Sakeliga eis voorts dat die regering in toekomstige impakstudies kennis neem van die ernstige kommer wat die […]


Hoe hou mens by met die outoritêre beleidstortvloed?

Terwyl die President Suid-Afrikaners probeer flous dat hy skynbaar ‘n hervormer is en dat ons sy sogenaamde “nuwe dagbreek” nader, word die ekonomie versmoor en die land op die pad van onherstelbare agteruitgang plaas. Suid-Afrika word nou oorval met wette, regulasies, en openbare beleide wat eenvoudig deurspek is met onsin en omslagtigheid. Die komitee wat […]