Onteieningswetsontwerp: Besighede en die burgerlike samelewing moet eiendomsbeslaglegging vasberade teenstaan
In die mate dat die Onteieningswetsontwerp in werking sou tree, sou dit ’n ernstige knou vir eiendomsekerheid en daarmee saam die konstitusionaliteit van die Suid-Afrikaanse bestel wees. Dit is nie voldoende om bloot te hoop dat sulke wetgewing deur politieke verandering omgekeer sal word nie. Suksesvolle teenstand deur besighede en burgerlike groepe sal omvattende litigasie […]
Sakeliga gereed teen pogings om Poskantoor ’n monopolie te gee
Sakeliga is sterk gekant teen pogings om die Poskantoor ‘n voortgesette monopolie oor sekere posdienste te verleen. Gegewe die gevorderde toestand van agteruitgang en verval binne SAPO is dit onprakties en irrasioneel om sodanige monopolieregte vir die Poskantoor te oorweeg. Sakeliga bly waaksaam en monitor ontwikkelings in hierdie verband. Ons is gereed om regstappe te […]
Sakeliga wen hofsaak teen onregmatige munisipale invordering
Sakeliga het ’n hofsaak oor munisipale heffings en belastings gewen. Die hofbevel (klik hier om die hofbevel te besigtig) help om dorpe se sakelui en ander inwoners teen onregmatige en onbekostigbare munisipale invorderings te beskerm. Sonder die hofbevel sou ’n eksterne maatskappy in Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit (Koster, Swartruggens, en omgewing) onregmatig munisipale dienstegelde, heffings en belastings (uitgesluit […]
Oplossings vir misdaad buite die staat is nou noodsaaklik
Die volgende meningstuk is geskryf deur Gideon Joubert, onafhanklike veiligheidskonsultant, vuurwapeninstrukteur en hoof van sekuriteitsprojekte by Sakeliga. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) staar diepgewortelde wanfunksionaliteit in die gesig, soos blyk uit die verbrokkelende toestand van sy infrastruktuur, kommunikasiefoute, onderbemanning en bedenklike integriteit weens kriminele infiltrasie. Openbare vertroue in die SAPD is kommerwekkend laag, met toenemende mislukkings […]
Hoe lyk (oplossings vir) staatsverval?
*Die volgende artikel is ‘n verkorte weergawe van die stuk Hoe kan sakekamers terugveg teen staatsverval? Klik hier vir die langer skrywe. Die staat se bestuursvermoëns is besig om vinnig oor alle vlakke af te neem, wat lei tot wanbestuur van infrastruktuur en ‘n afname in polisiëringsvermoë. Verslegtende handelstoestande spruit uit mislukte infrastruktuur en toenemende […]
Dreigende ICASA BEE-regulasies sal die hele ekonomie skade berokken
ICASA se nuwe rasgebaseerde eienaarskap- en ekwiteitsregulasies is ’n beduidende bedreiging vir die lewensvatbaarheid van telekommunikasie- en internetdienste-ondernemings, en kan ’n skadelike presedent vir ander groot sektore skep. Met die afdwingingsdatum van 30 Maart 2024, wat dreig, moet belanghebbendes saamspan en hierdie regulasies dringend uitdaag voordat dit ekonomiese skade berokken in die sektor en alle […]
Werkgewers is in ’n sterk posisie teen nuwe indiensnemingskwotas
Die jongste konsepkwotas vir billike indiensneming is afgewater en onsamehangend, wat wys dat werkgewers in ’n sterk posisie is om verdere staatsinmenging in aanstellingsprosesse te vermy en teen te staan. Sowel die wetswysiging as die konsepregulasies bly hoogs aanvegbaar in litigasie, onuitvoerbaar in praktyk, en in algeheel teen die openbare belang. Sakeliga raai sakelui aan […]
Sakeliga neem Tesourie hof toe oor Eskom-sluierregulasies
Sakeliga het ’n hofsaak van stapel gestuur om inligting te openbaar oor hoe die Nasionale Tesourie aan Eskom en ander staatsentiteite twyfelagtige vrystellings van finansiële verslagdoeningsvereistes wou toestaan. Dit volg nadat Sakeliga in April die Minister van Finansies se terugtrekking van Eskom se vrystelling van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur verwelkom het. Die terugtrekking […]
Staan jou MAN! Riglyne vir boere om AgriBEE te navigeer
Hoe kan produktiewe boere hul besighede beskerm teen die skadelike gevolge van die voorgestelde AgriBEE riglyne? Hierdie moeilike vraag het ontstaan nadat Sakeliga onlangs vertroulike dokumentasie wat verband hou met beoogde BEE-afdwinging in die sektor vrygestel het. Vir boere wat proaktiewe strategieë wil toepas, het Sakeliga ‘n paar oorwegings aan die hand gedoen waarmee boere […]
2023 Beraad vir sterker sakekamers en sakeorganisasies
Sakeliga bied op 26 en 27 Oktober ‘n beraad vir sakekamers en sakeorganisasies om strategieë vir die herstel van orde in dorpe en stede te bepaal. Sprekers vir die beraad sluit, ondermeer, in: Russell Lamberti, Uitvoerende Direkteur: Sakeliga; Péter Wassenaar, Prokureur: Kriek, Wassenaar & Vennote; JP (Johan) Botha, Sinoville Brandbestrydingsvereniging; Boeta du Toit, Hoofbestuurder: Agri […]