Sakeliga bied ‘n geleentheid om meer te hore te kom oor hoe om ‘n IT-teenwoordigheid in Vlaandere te skep

pexels-kevin-ku-577585

Sakeliga het ‘n baie suksesvolle geleentheid met die Flanders Investment and Trade organisasie in Desember 2019 gehad;  en volg dit nou op met ‘n geleentheid wat slegs op die IT-sektor sal fokus. Op Donderdag, 28 Oktober, hou Sakeliga, in samewerking met Flanders Investment & Trade, Silicon Cape en Nelson Mandela Business Chamber, ‘n sakegeleentheid vir die oprigting van ‘n verkoop- en IT-teenwoordigheid in Europa. Die funksie sal plaasvind by die Kleinkaap Boutique Hotel in Centurion. Die doel met hierdie geleentheid is om die geleenthede wat vir Suid Afrikaanse ondernemings in die IT-sektor in Vlaandere beskikbaar is, uit te lig.

Sprekers:

Werner Kapp,Doing business in Africa;
Wim Sohier,Science & Technology counselor; FIT (virtual);
Bernadette Versfeld,Partner at Webber Wentzel;
Andries Brink,CEO Andile Solutions.

Program:

08:00 Aankoms

08:20 Verwelkoming
Andries Brink | Founder and MD of Andile
“Welcome to Belgium”: HE, Didier Vanderhasselt, Ambassador of Belgium to SA

08:30 Ontbyt word bedien

09:15 Voorleggings | 20 Minute elk

‘’Doing Business in Africa in comparison with Europe: The Dimension
Data case”
;
Werner Kapp: CEO Dimension Data
Lees meer oor Werner Kapp hier.

 “Leveraging on Europe – Open & Innovative Flanders”;
Wim Sohier,   Science and Technology Counselor, FIT (virtual)
Lees meer oor Wim Sohier hier.

“IP regulations in SA ‘’;
Bernadette Versfeld, Partner at Webber Wentzel
Lees meer oor Bernadette Versfeld hier.

10:30 Vraag en antwoord

11:00 Gaste verdaag

Sitplekke is beperk vir die funksie – registreer dus asb aanlyn voor of op 22 Oktober 2021 om ‘n sitplek te verseker.

Nota: Hierdie funksie vorm deel van Sakeliga se internasionale ekonomiese skakelprogram. Die program bied aan ambassades, handelsgesante en buitelandse handelsorganisasies die geleentheid om hulself, die lande wat hulle verteenwoordig en hul sakebelange aan Sakeliga se netwerk van sakelui bekend te stel. Sakelui in die Sakeliga-netwerk gebruik die geleenthede om nuwe sakegeleenthede en diversifikasie-geleenthede te ondersoek en om goeie en direkte diplomatieke bande te smee. Vir meer inligting oor die internasionale ekonomiese skakelprogram, of om op hoogte van hierdie geleenthede gehou te word, besoek gerus  https://sakeliga.co.za/ib/.

Argiewe