Die Lisensieraad vir Lugdienste (ASLC) is onregmatig besig om lugdienslisensies aan rassekriteria onderhewig te maak. Die ASLC dreig tans om lugdiensondernemings wat te wit na sy oordeel is se lisensies te weerhou.

Sakeliga het die ASLC vandag dringend gemaan om die proses onmiddellik te staak en terug te keer na die toepassing van alleenlik die operasionele, veiligheid- en aanspreeklikheidsvereistes waarvoor dit wetlik gemagtig is. Die ASLC se optrede is ultra vires, ongrondwetlik en onregmatig.

Die ASLC plaas aansoekers en houers van lugdienslisensies tans onder druk om hul “verbintenis tot transformasie” aan te dui en “hul belofte van deelname aan B-BBEE te verhoog”, alvorens lisensies aan hulle toegestaan sal word. Daar bestaan geen basis in wetgewing om ras, transformasie of B-BBEE as ’n voorvereiste te stel vir lugdienslisensies nie. Al die tersaaklike wetgewing, soos die Wet op Lugdienslisensiëring (115 van 1990), se fokus is op veiligheid en aanspreeklikheid.

Hierdie onregmatige en onaanvaarbare staatsinmenging benadeel maatskappye en hul aandeelhouers, werknemers en kliënte, sowel as die plaaslike lugvaartindustrie in geheel. Dit stel bowendien uiteindelik die veiligheid van plaaslike lugvaart op die spel deur vereistes wat niks met operasionele standaarde en aanspreeklikheid te make het nie tot lisensiekriteria te verhef.

Sakeliga nooi rolspelers in die lugvaartindustrie wat meer inligting oor die regsposisie benodig om Sakeliga te kontak. Ons beveel intussen aan dat lugvaartrolspelers ferm bly en nie aan onregmatige eise toegee nie. Nakoming van sulke eise sou nie net tot hul private nadeel strek nie, maar ook tot nadeel van die publiek. Nakoming sou ook dien as onvermydelike aanmoediging, vir ’n raad wat klaarblyklik reeds bereid is om buite sy magte op tree, om mettertyd sy onregmatige eise net verder en verder op te stoot in ’n skadelike en valse spel waarvan hy heeltyd die doelpale sal aanskuif. Volgehoue nakoming in so ’n spel is onmoontlik.

In die brief deur Sakeliga se prokureurs, eis ons dat die ASLC:

  1. homself daarvan weerhou om transformasieverbintenisse en B-BBEE-inligting te eis by aansoekers vir ’n lisensie ingevolge die Wet op Lisensiëring van Lugdienste (115 van 1990);
  2. ’n onderneming gee dat dit nie druk sal plaas op lisensie-aansoekers, ingevolge die Wet op Lisensiëring van Lugdienste (115 van 1990), om hul huidige B-BBEE punte te verhoog, of deel te neem aan enige transformasieskemas geskep deur of oorweeg deur die ASLC nie;
  3. homself daarvan weerhou om, direk of indirek, teenoor aansoekers te impliseer dat hulle enige van bostaande vereistes hoef na te kom, of dat nakoming van sulke eise in oorweging geneem sal word wanneer die Raad ’n beslissing maak oor enige aansoek wat ingevolge die Wet voor dit dien;
  4. ’n onderneming gee dat dit nie, op grond van ’n aansoeker se vlak van deelname aan B-BBEE of enige ander transformasie-oogmerke oorweeg deur die ASLC of sy lede, ’n aansoeker sal penaliseer in die toestaan van enige lisensie nie.

Sakeliga dring aan op die ASLC se skriftelike terugvoering teen 5 Januarie 2024 en behou alle regte voor.

Klik hier vir die brief deur Sakeliga se prokureurs.

Staat probeer onregmatig BEE ’n voorvereiste maak vir lugdienslisensies
Read more >

Desember 18, 2023
Staan jou MAN! Riglyne vir boere om AgriBEE te navigeer
Read more >

Desember 1, 2023
Sakeliga doen verdere optrede oor Minister van Landbou se AgriBEE-plan en internasionale handelsooreenkomste
Read more >

November 30, 2023
Nuwe staatsverkrygingsvoorstel perfekte resep vir versnelde staatsverval
Read more >

November 27, 2023
Mededingingskommissie verdraai “openbare belang” ten koste van publiek, ekonomie 
Read more >

November 17, 2023
Die burgerlike reaksie op misdaad en chaos
Read more >

November 10, 2023
Sakeliga bevraagteken FSTC se gesag om BEE-verslagdoening op te dwing
Read more >

April 11, 2024
Onteieningswetsontwerp: Besighede en die burgerlike samelewing moet eiendomsbeslaglegging vasberade teenstaan
Read more >

Maart 28, 2024
Sakeliga gereed teen pogings om Poskantoor ’n monopolie te gee
Read more >

Maart 20, 2024
Sakeliga wen hofsaak teen onregmatige munisipale invordering
Read more >

Maart 19, 2024
Oplossings vir misdaad buite die staat is nou noodsaaklik
Read more >

Maart 15, 2024

Archives