FSCA maak gereed vir BEE-voorvereistes aan finansiëlediensteverskaffers

Die FSCA en die BEE-kommissie het ’n memorandum van verstandhouding gesluit om finansiëlediensteverskaffers se lisensies te weerhou of te vervolg indien hulle nie aan bepaalde BEE-drempels voldoen nie. Tans sal sulke afdwinging deur die FSCA of die BEE-kommissie onregmatig wees, wat verklaar waarom hulle gretig is om die Conduct of Financial Institutions-wetsontwerp (COFI, tans voor […]


Vind nóg “Oplossings vir Suid-Afrika se platteland” by hierdie konferensie

Die platteland is in verval, maar dit hoef nie so te bly nie. Sakelui kan ingryp en nou is hier nóg ’n geleentheid om uit te vind hoe: die Oplossings vir Suid-Afrika se platteland-konferensie, op 20 en 21 Februarie 2024, buite Bothaville. As vennoot van dié konferensie, aangebied deur Landbouweekblad en Senwes, nooi Sakeliga graag […]


Staat probeer onregmatig BEE ’n voorvereiste maak vir lugdienslisensies

Die Lisensieraad vir Lugdienste (ASLC) is onregmatig besig om lugdienslisensies aan rassekriteria onderhewig te maak. Die ASLC dreig tans om lugdiensondernemings wat te wit na sy oordeel is se lisensies te weerhou. Sakeliga het die ASLC vandag dringend gemaan om die proses onmiddellik te staak en terug te keer na die toepassing van alleenlik die […]


Sakeliga neem Tesourie hof toe oor Eskom-sluierregulasies

Sakeliga het ’n hofsaak van stapel gestuur  om inligting te openbaar oor hoe die Nasionale Tesourie aan Eskom en ander staatsentiteite twyfelagtige vrystellings van finansiële verslagdoeningsvereistes wou toestaan. Dit volg nadat Sakeliga in April die Minister van Finansies se terugtrekking van Eskom se vrystelling van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur verwelkom het. Die terugtrekking […]


Nuwe staatsverkrygingsvoorstel perfekte resep vir versnelde staatsverval

Die nasionale tesourie se jongste wysigings aan die Wetsontwerp op Staatsverkryging is die perfekte resep vir versnelde staatsverval. Dit wil alle munisipaliteite, provinsies en staatsorgane – ongeag politieke party of “onafhanklikheid” – dwing om tenders toe te ken volgens dieselfde, mislukte nasionale regeringsbeleid. Die voorstelle skep uitdruklike verpligtinge vir alle staatsorgane om voorkeur staatsverkryging eerder […]


Sakeliga neem deel aan Bitcoin-geleentheid wat parallelle strukture vir vrye en welvarende gemeenskappe ondersoek

Sakeliga Uitvoerende Direkteur en ekonoom Russell Lamberti sal praat by die komende Adopting Bitcoin Cape Town-konferensie by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum op 26 – 28 Januarie 2024. Sy toespraak sal Sakeliga se strategie uiteensit vir die ontwikkeling van skaalbare oplossings vir staatsverval en die bevordering van ‘n florerende ekonomie wat sal bestand wees teen skadelike […]



Mededingingskommissie verdraai “openbare belang” ten koste van publiek, ekonomie 

Die arbitrêre en onvoorspelbare misbruik van “openbare belang” oorwegings deur die mededingingskommissie tydens samesmeltings is onwettig en veroorsaak groot ekonomiese skade.  Dít is die kruks van Sakeliga se kommentaar teen die mededingingskommissie se voorgestelde riglyne.  Die regulasies poog om maatreëls soos BEE, wat vir transaksies met die staat bedoel is, op die privaatsektor af te […]


Sakeliga sluit by paneel van kenners oor staatsmislukking aan

Sakeliga se uitvoerende direkteur en ekonoom, Russell Lamberti, sal op 19 Oktober, 2023 om 14:00 by ‘n paneel van kundige ontleders aansluit om strategieë te bespreek om jou finansies teen staatsverval te beskerm. Die agteruitgang van Suid-Afrika se staatsfinansies oorheers sakenuus voor die aankondiging van die middeltermynbegroting in die weke wat voorlê. Daar is toenemende […]


Sakeliga verwerp Sahpra se BEE-voorwaardes vir mediese produkte

Sakeliga verwerp die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) se voorgestelde BEE-voorwaardes vir die vervaardiging, invoer, voorskryf en verhandeling van gesondheidsprodukte en mediese toerusting. Sahpra se plan om BEE ’n voorvereiste in die mediese bedryf te maak is vervat in ’n nuwe konsepbeleid getiteld “Broad-based Black Economic Empowerment Policy for Issuance of Licences”. Die beleid stel dit ten […]