Sakelui op Parys stig digitaal-versnelde sakekamer, in affiliasie met Sakeliga

Sakelui in Parys en Sakeliga het gister ‘n nuwe, digitaal-versnelde sakekamer, die Parys Sakeliga, gestig. Die Parys Sakeliga is ‘n onafhanklike organisasie wat homself vir ‘n gunstige sakeomgewing in Parys beywer, in affilliasie en met die ondersteuning van Sakeliga.  Die Parys Sakeliga is die eerste instelling van sy soort. Terwyl verskeie bestaande sakekamers reeds by […]


K4/2020: Ekonomiese Oorsig vir Besluitneming in die Sakewêreld

Bestuursopsomming Die laaste paar maande het gewys hoe onwillig regerings wêreldwyd is om grendeltydbeperkings te beëindig en hul grendeltydmag prys te gee. Die wêreld sukkel om na normaal terug te keer, en dit sal ’n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se brose herstel hê. Terwyl SA produksie herstel, bly huishoudelike inkomste in die derde kwartaal onder […]


Sakeliga gereed vir PPPFA-appèl

Die sakegroep Sakeliga is gereed om enige appèl teen sy hofoorwinning oor BEE-gebaseerde vooraf-diskwalifikasie in verkrygingsregulasies (PPPFA) te verdedig. Dit volg na die ANC se verklaring die afgelope naweek, waarin hy sy misnoeë uitspreek en by monde van sy algemene sekretaris, Ace Magashule op ‘n appèl aandring.   “Openbare dienslewering behoort te gaan oor uitkomste vir die […]


Sakeliga wen hofsaak: SEB en ander voorvereistes in openbare verkryging ongeldig; Gordhan tree ultra vires op

Dit is ongeldig en ongrondwetlik vir staatsorgane om vooraf-diskwalifikasiekriteria, soos swart ekonomiese bemagtigingsvereistes, by tenders in openbare verkryging toe te pas.  Die Hoogste Hof van Appèl het vandag met kostes in die guns van die sakegroep Sakeliga bevind. Die hof het bevind dat die Voorkeurverkrygingsregulasies van 2017 teenstrydig is met die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 5 van 2000 en die Grondwet en dit gevolglik ongeldig verklaar. Die hof het ook bevind dat die minister van finansies […]



Staat se sogenaamde ekonomiese herstelplan is hol; Besigheid steun dit nie

Staat se sogenaamde ekonomiese herstelplan is hol; Besigheid steun dit nie – Sakeliga Die besigheidsgroep Sakeliga sê besighede in Suid-Afrika is nie tevrede met die ekonomiese “herstelplan” wat president Cyril Ramaphosa vandag aangekondig het nie. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê “herstel kan nie gebaseer wees op ‘n voortsetting van die ramptoestand, meer belasting, staatsbesteding, […]


Eskom misgis hom met sy reg om elektrisiteitsvoorsiening aan betalende klante te beëindig

Eskom maak verkeerde gevolgtrekkings uit die uitspraak hierdie week gelewer in die Pioneer Foods-saak teen Eskom, die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit en NERSA. Teenstrydig met sy mediaverklaring vandeesweek, het Eskom nie ‘n algemene reg om elektrisiteitsvoorsiening aan betalende klante in wanbetalende munisipaliteite te beëindig nie. Die uitspraak in die Gautengse Plaaslike Afdeling Johannesburg is ‘n […]


Kom ons skaf lockdowns af en keer dat dit terugkom– Sakeliga skenk R50 000

Die wêreld – en Suid-Afrika – stuur af op ‘n tweede golf van lockdowns en ‘n sogenaamde “nuwe normaal”. Dit is nie iets wat ons kan aanvaar nie. Ek skryf dus hierdie brief omdat ek dink ons moet die mense wat daarteen opstaan, help. Hierdie land kan nie nog lockdowns bekostig nie. Nie eens dit […]


Werkloosheid: Skrap grendelstaat en plaas moratorium op minimumloon

Die politieke, maatskaplike en humanitêre gevolge van 2,2 miljoen mense in Suid-Afrika wat hul werk verloor het verdwerg die risiko van Covid–19. Die grendelstaat behoort onmiddellik afgeskaf te word en drastiese verligtingsmaatreëls, soos ‘n moratorium op die minimumloon, behoort dadelik ingestel te word.    So meen Piet le Roux, Uitvoerende Hoof van die sakegroep Sakeliga: “Dit is die minste wat die regering vir werkloses en ondernemings kan doen nadat die onverantwoordelike staat van inperking besighede, werknemers en die samelewing landswyd lamgelê het. Suid-Afrika […]


Die tweede golf is hier – dit is ekonomies en die regering veroorsaak dit – Sakeliga

Deur doelpale te verskuif en nie die grendelstaat op te hef nie veroorsaak president Cyril Ramaphosa se regering die werklike tweede golf: ‘n ekonomiese insinking met blywende dalings in lewenstandaard en lewensverwagting naas toenemende sosiale en politieke onstabiliteit. President Ramaphosa moes vanaand ‘n einde aan die grendelstaat aangekondig het. ‘n Verantwoordelike regering sou dalk selfs […]