Werkloosheid: Skrap grendelstaat en plaas moratorium op minimumloon

pexels-energepiccom-313690-scaled-1 (1)

Die politieke, maatskaplike en humanitêre gevolge van 2,2 miljoen mense in Suid-Afrika wat hul werk verloor het verdwerg die risiko van Covid19. Die grendelstaat behoort onmiddellik afgeskaf te word en drastiese verligtingsmaatreëls, soos ‘n moratorium op die minimumloon, behoort dadelik ingestel te word.  

 So meen Piet le Roux, Uitvoerende Hoof van die sakegroep Sakeliga: “Dit is die minste wat die regering vir werkloses en ondernemings kan doen nadat die onverantwoordelike staat van inperking besighede, werknemers en die samelewing landswyd lamgelê het. Suid-Afrika is besig om ‘n kruitvat vir politieke en maatskaplike onstabiliteit te word, om van die daling in lewensverwagting weens ekonomiese ontneming nie te praat nieDie belangrikste hulppakkette is nie nog staatskuld en stimuluspakkette nie, maar die afskaffing van skadelike arbeidsbeperkinge, soos met ‘n moratorium op die minimuloon. 

Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse Arbeidsmagpeiling (QLFS) wys dat die werkende bevolking in die tweede kwartaal van 2020 met ‘n skokkende 2,2 miljoen mense van 16,4 miljoen in K1 tot 14,1 miljoen in K2 verminder het.  

Die werkskoers – die aantal mense wat werk  in verhouding tot die bevolking van werkende ouderdom – het tot ‘n skokkende 36,3% getuimel, vanaf 42,1% in die vorige kwartaal. Die realiteit is dat die werkskoers ‘n akkurater prentjie gee as die huidige werkloosheidskoers. 

Archives