K4/2020: Ekonomiese Oorsig vir Besluitneming in die Sakewêreld

pexels-nataliya-vaitkevich-6120214

Bestuursopsomming

Die laaste paar maande het gewys hoe onwillig regerings wêreldwyd is om grendeltydbeperkings te beëindig en hul grendeltydmag prys te gee. Die wêreld sukkel om na normaal terug te keer, en dit sal ’n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se brose herstel hê.

Terwyl SA produksie herstel, bly huishoudelike inkomste in die derde kwartaal onder druk. Bestedingsaktiwiteit word deels deur uiters lae rentekoerse en groot regeringstekorte ondersteun, maar nie een van dié twee dui op langtermynekonomiese gesondheid nie.

Ons SA beleidstelkaart het ondanks geweldige fiskale druk effens verbeter. Dit weerspieël grootliks voortgesette relatiewe omsigtigheid deur die SARB, elektrisiteitsuitset wat herstel met groter netwerkstabiliteit, en beter arbeidsmarkaanwysers sedert werkverskaffing in K2 ineen gestort het.

Klik hier om die volledige verslag te lees.

Archives