Die inperking versmoor een van SA se grootste bates

Onafhanklike skrywer: Chris Hattingh Volgens die Minister vir Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het die toerisme sektor sover in 2020 R54.2 miljard verloor. Ons moet die effek van COVID-19 op internasionale toerisme in gedagte moet hou, maar dit word by die dag duideliker dat die Suid-Afrikaanse regering se eie inperking en COVID-19-regulasies die toerisme sektor se besigheid […]


Sakeliga moedig lede aan om Woensdag restaurante te ondersteun 

Die selfstandige sakegroep Sakeliga moedig sy lede aan om op Woensdag, 22 Julie, restaurante en koffiewinkels te ondersteun as deel van die Restaurant Association (RASA) se Million Seats on the Streets-veldtog. Die grendelstaat kos hierdie industrie reeds soveel as R7 miljard per maand, oftewel sy totale omset. Na maande se onnodig skadelike, buitensporige en impulsiewe regulasies, is verskeie industrieë op hul knieë. In besonder het die kleinhandel-, voedsel- en drankindustrie die totale ineenstorting van sy omset van bykans R7 miljard per maand, wat […]


Sakelui moet individuele regsadvies bekom alvorens hulle regulasies konfronteer 

Sakeliga beveel sterk aan dat sakelui en ander lede van die publiek behoorlike regsadvies vir hul unieke situasies bekom alvorens hulle gapings of onwettighede in die grendelstaatregulasies probeer konfronteer.  “Niemand behoort ‘n regmatige regulasie te verbreek nie. Die realiteit is dat die onduidelikhede in die regulasies, hofuitsprake, teenstrydige ministeriële uitsprake en ekonomiese nood mense dwing tot optrede waarin hul […]


Sakeliga vra COGTA en SAPS om grendelstaatarrestasies te staak en staande bevele te openbaar 

Die sakegroep, Sakeliga, het ministers Nkosazana Dlamini-Zuma en Bheki Cele versoek om grendelstaatverwante arrestasies te staak en hul hersiene staande bevele aan die polisie te openbaar. Sakeliga se versoek volg op regter Norman Davis se weiering verlede week om die staat verlof toe te staan om die verklaring van ongrondwetlikheid van Regulasie 48(2) van die grendelstaatregulasies – in die Liberty Fighters Network-saak – te appelleer. Regulasie 48(2) maak voorsiening (of het voorsiening gemaak) vir die kriminalisering van die oortreding van […]


Slegs twee uit tien sakeondernemings funksioneer teen volle kapasiteit tydens begin van Vlak 3-inperkings – Sakeliga Ondernemingsimpakpeiling

Slegs ongeveer twee uit tien sakeondernemings wat deelgeneem het aan die sakegroep Sakeliga se ondernemingsimpakpeiling vir Junie het aangedui dat hulle hul aktiwiteite teen volle kapasiteit kon hervat in Junie. Die peiling is geneem onder Sakeliga-lede en breër netwerk. Daarby het respondente aangedui dat skade aan verbruikers se beursies weens Covid-19 en die regulatoriese reaksie […]


Tyd om die staat te herstruktureer, nie die ekonomie nie 

Wanneer begrotingstekorte meer as verdubbel na 16%, sonder ‘n afname in staatsbesteding, is dit tyd om die staat te herstruktureer en nie die ekonomie nie. So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die onafhanklike sakegroep, Sakeliga, in reaksie op die noodbegroting vandag voorgelê in die Parlement deur Minister Tito Mboweni. “In teenstelling met President Cyril Ramaphosa se bewerings laas week dat Covid19 ‘n geleentheid […]




Nuwe grendelstate sal herstel belemmer

Verskeie ekonomiese aanwysers illustreer ‘n moeilike terugkeer na normale saketoestande. Nuwe en voortslepende grendelstaatmaatreëls – plaaslik en in die buiteland – sal waarskynlik inkomste en verbruikersvertroue afweer, wat Suid-Afrika se moeilike herstel verder sal belemmer.   Verskeie lande, veral in Europa, het nou weer nuwe grendelstaatmaatreëls ingestel. Hierdie maatreëls het ‘n invloed op reis en produksie en sal Suid-Afrika se moeilike herstel na die streng grendelstaat van die tweede kwartaal van 2020 bemoeilik.   […]


Sakeliga verwelkom Grondwethofuitspraak teen EFF en Malema oor betreding en aanhitsing

“Mnr Malema en die EFF wou, deur agter die vaandel van vryheid van spraak weg te kruip, aanspreeklikheid vir kriminele oortredings ontsnap. Hierdie uitspraak steek daar ‘n stokkie voor, ondersteun die kantoor van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) in sy vermoë om te vervolg, versterk die regsorde, verbeter die sakeomgewing, en is in die openbare belang. Dit is bevredigend om ’n rol daarin te kon speel.