Hoe hou mens by met die outoritêre beleidstortvloed?

Terwyl die President Suid-Afrikaners probeer flous dat hy skynbaar ‘n hervormer is en dat ons sy sogenaamde “nuwe dagbreek” nader, word die ekonomie versmoor en die land op die pad van onherstelbare agteruitgang plaas. Suid-Afrika word nou oorval met wette, regulasies, en openbare beleide wat eenvoudig deurspek is met onsin en omslagtigheid. Die komitee wat […]


Ekonomiese geleenthede met beroep om waaksaam te wees met inperkings – Sakeliga-verslag

Die ekonomie vir Sake in K2 2021 Besighede moet  nie geleenthede in die huidige ekonomiese oplewing, aangemoedig deur ‘n verligting van die ernstige inperkings van 2020 en beleide wat verbruik aanmoedig, misloop nie. Nietemin moet daar teen nuwe Covid-inperkings gewaak word.  Hierdie is enkele van die insigte wat vervat is in die Sakeliga-ETM-verslag Ekonomiese Oorsig […]


Sakeliga ontbloot regering se pseudo-“studie” wat gebruik word om ontneming van private eiedomsregte te bevorder

Die sakegroep Sakeliga het pas ‘n regeringsimpakstudie bekend gemaak oor die onteieningswetsontwerp wat verkry is deur ‘n PAIA-versoek (aansoek ingevolge die Wet op Toegang tot die Bevordering van Inligting). Dit blyk dat die studie voor Sakeliga se PAIA-versoek van die publiek weerhou is. Die dokument, ‘n sosio-ekonomiese impakstudie (SEIA) wat deur die Departement van Openbare […]


Sakeliga begin hofsaak wat munisipale verval landswyd kan stuit

‘n Nuwe vorm van munisipale administrasie, met eksterne beheer oor elektrisiteits- en ander dienstegelde, is moontlik eersdaags korrupte en mislukte munisipaliteite se voorland. Dit, indien Sakeliga suksesvol is met ‘n nuwe litigasiestrategie om plaaslike ekonomieë van munisipale verval te red. In hofstukke wat tans op twee munisipaliteite in Noordwes, sowel as die minister van finansies […]


Sedibeng Water trek instruksie oor afsny van water in Noordwes terug

Sedibeng Water het hierdie naweek teenoor die sakegroep Sakeliga onderneem om op Maandag, 31 Mei 2021, hul instruksie oor wateronderbrekings in Noordwes terug te trek. Hulle het Sakeliga versoek om nie met dringende litigasie in die Hooggeregshof in Mahikeng voort te gaan nie. Die terugtrek van die instruksie beteken dat grootmaatwatervoorsiening in dorpe soos Mahikeng, […]


Dringende litigasie teen afsny van water in Noordwes

Sakeliga berei tans ’n dringende hofaansoek voor om watertoevoer in Noordwes te verseker en ’n plaaslike ekonomiese katastrofe te voorkom. Dit kom nadat Sedibeng-water op 25 Mei opdrag gegee het dat waterdienste in groot dele van Noordwes vanaf 1 Junie 2021 opgeskort word.   Die onderbreking raak die hele Ngaka Modiri Molema-distrikmunisipaliteit, sowel as die Mahikeng, Ditsobotla, en Ratlou Plaaslike Munisipaliteite. Dit betrek dorpe soos Mahikeng, Lichtenburg, […]


Ontbyt met Spaanse Ambassade bring nuwe moontlikhede

Sakeliga het op Donderdag, 13 Mei, weer ‘n internasionale skakelgeleentheid by sy lys van suksesvolle funksies gevoeg. Die ontbytsessie met die Spaanse Ambassade het goeie bywoning gehad en interessante gesprekke het rondom wedersydse samewerking plaasgevind. ‘n Aanbieding deur die Hoof Ekonomiese en Kommersiële Raadgewer van die Spaanse Ambassade in Suid Afrika, mnr Isaac Barbero, het […]


Grootste hofsaak oor BEE- en verkryging word nóg groter

EFF, Vryemarkstigting en Fidelity nou deel van Sakeliga se BEE-saak in Konstitusionele Hof Die grootste BEE- en verkrygingsaak tot nog toe het pas groter geword met drie bekende organisasies wat tans by Sakeliga se konstitusionele litigasie daaroor betrokke raak. Die EFF, die Vryemarkstigting se Rule of Law-projek, en die sekuriteitsmaatskappy Fidelity is al drie tans […]


54-jarige Newcastle Sakekamer affilieer met Sakeliga vir gunstige sakeomgewing in Newcastle

Die 54-jarige Newcastle Sakekamer het hierdie naweek amptelik sy affiliasie met die snelgroeiende sakeorganisasie, Sakeliga, bekendgestel. Terwyl verskeie bestaande sakekamers reeds by Sakeliga geaffilieer het of tans besig is, is die Newcastle Sakekamer een van die mees gevestigde sakekamers in Suid-Afrika. Die kamer het oor meer as ’n halfeeu bekendheid verwerf met ‘n ryke geskiedenis […]


Nuwe diskriminasie wet is tirannie op stelte

Om die spot te dryf met ‘plat-Aarders’ is miskien die steunpilaar van menige grap. Maar as die PEPUDA Wysigingswetsontwerp aanvaar word, kan dit jou in die gelykheidshof in moeilikheid laat beland. Hierdie wetsontwerp maak onder andere voorsiening vir beskerming teen “onbedoelde” diskriminasie op grond van “oortuiging”. Die PEPUDA Wysigingswetsontwerp het ten doel om die sogenaamde Wet op […]