Ekonomiese geleenthede met beroep om waaksaam te wees met inperkings – Sakeliga-verslag

financial-2860753_1920

Die ekonomie vir Sake in K2 2021

Besighede moet  nie geleenthede in die huidige ekonomiese oplewing, aangemoedig deur ‘n verligting van die ernstige inperkings van 2020 en beleide wat verbruik aanmoedig, misloop nie. Nietemin moet daar teen nuwe Covid-inperkings gewaak word. 

Hierdie is enkele van die insigte wat vervat is in die Sakeliga-ETM-verslag Ekonomiese Oorsig vir Besluitneming in die Sakewêreld vir Mei/Junie 2021, wat vandag vrygestel is. Die verslag, wat kwartaalliks uitgereik word, bevat ‘n reeks insigte oor plaaslike en globale ekonomiese toestande wat vir plaaslike sakegemeenskappe in Suid-Afrika van belang is.

Die volgende grafiek, wat in die verslag vervat is, beklemtoon ‘n herstel van die uiters swak handelstoestande van 2020.

“Suid-Afrika ervaar tans ‘n ekonomiese herstel van die ernstige inperkings wat in 2020 toegepas is. Die sterk rand, ‘n oplewing in kommoditeit en wêreldwye aanvraag bevoordeel sommige sektore en ondernemings moenie te versigtig wees om geleenthede op kort termyn te benut nie,” verduidelik Russell Lamberti, hoof van ETM Macro advisors.

“Die huidige randsterkte,” gaan Lamberti voort, “bied aan invoerders die geleentheid om goeie pryse te verseker vir belangrike invoere, terwyl meer uitvoerafhanklike bedrywe voordeel trek uit die sterk wêreldwye aanvraag.”

“Ons is egter versigtig met die langtermyn-sakestrategie vir Suid-Afrika. Die sikliese uitstel kom ongelukkig teen ‘n baie swak strukturele ekonomiese agtergrond met die risiko van verdere Covid-inperkings. Toenemende beleidsrisiko’s, skadelike ANC-intervensie, en gebrekkige staatskapasiteit hou beduidende risiko’s in vir sakebedrywighede. Dit moet in ag geneem word by korporatiewe beplanning, belegging en kapitalisering op lang termyn, veral in bedrywe met lang projektydlyne en fisieke bates met onteieningsrisiko,” het Lamberti beklemtoon.

Die verslag doen ook ‘n beroep op ondernemings om waaksaam te wees oor opkomende inflasierisiko’s. Toekomstige randswakheid mag plaaslike ondernemings en verbruikers blootstel aan aansienlike prysstygings, wat die herstel kan benadeel.

Die verslag dek ook die volgende onderwerpe:

  • Aanbevelings vir korporatiewe strategie in K2 2021.
  • Barometers oor sake rakende handelsomstandighede, inflasie, fiskale spanning, die arbeidsmark, en die rand.
  • ‘n Gedeelte oor die makro-ekonomie in Suid-Afrika.
  • ‘n Gedeelte oor die wêreldekonomie.
  • Die Sakeliga-ETM Suid-Afrika Presidensiële Telkaart.

Lees die verslag by die skakel.

Archives