Wysigingswetsontwerp op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, 2021

Sakeliga se voorlegging op die Wysigingswetsontwerp op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie kan hier (in Engels) verkry word. Sakeliga se belangstelling in die Wysigingswetsontwerp spruit uit die implikasie van die wetsontwerp vir byna alle alledaagse, insluitend kommersiële, interaksies en omgang. Dit het beduidende implikasies vir die markstelsel en konstitusionalisme.



Sakeliga liasseer stukke in opspraakwekkende BEE en verkrygingsaak

Die sakegroep Sakeliga liasseer volgende week stukke by die Konstitusionele Hof in die mees opspraakwekkende BEE en verkrygingshofsaak tot nog toe. Ná regspraak in Sakeliga se guns in November 2020, word die saak nou – ook op aandrang van ANC-sekretarisgenaraal Ace Magashule – deur die Minister van Finansies op appèl geneem. Sakeliga sal egter vra […]


Hofoorwinning vir Musina-sakelui en Sakeliga teen Eskom en munisipaliteit

Twee jaar na die eerste regstappe om te keer dat Eskom elektrisiteit in Musina onderbreek is ‘n kostebevel ten gunste van Sakeliga verlede week in die Gautengse Hooggeregshof bekom. Die litigasie spruit uit pogings deur Eskom in 2018 en 2019 om elektrisiteit na alle gebruikers in Musina, insluitende betalende sakelui, af te skakel, ná versuim […]


‘n Nuwe wetsontwerp op billike indiensneming sou grootskaalse hervestigings regoor Suid-Afrika noodsaak.

Konseptueel en tegnies onversoenbaar met die Regstaat Op Dinsdag, 13 April 2021, het Sakeliga mondelinge voorleggings gedoen aan die Portefeuljekomitee vir Indiensneming en Arbeid oor die voorgestelde wysigingswetsontwerp op billike indiensneming. Die wetsontwerp bemagtig die Minister van Arbeid om rassedemografiese teikens vir indiensneming aan individuele ondernemings voor te skryf wat op elke werksplek en op elke […]


Tegniese probleme in die Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming, 2020

Op Dinsdag, 13 April 2021, het Martin van Staden, regsgenoot by Sakeliga, tegniese probleme in die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming aan die parlementêre portefeuljekomitee oor indiensneming en arbeid voorgelê. Hy het by Piet le Roux, hoof uitvoerende beampte van Sakeliga, aangesluit. Sakeliga se persverklaring oor die aanbieding kan hier gevind word. Van Staden het […]


Die eufemistiese terminologie van onteiening sonder vergoeding

Stel jou voor jy doen op ‘n dag people-watching in ‘n winkel. Iemand stap in, vat ‘n produk van die rak af, en stap uit sonder om daarvoor te betaal. Die eienaar storm uit, skreeu op die dief, en bel die polisie. Duidelik het iemand nou net iets gesteel! Die volgende dag vind jy jouself […]


Oekraïense handelsending besoek Suid-Afrika in April

Die Oekraïense handelsending sal Suid-Afrika vanaf 14 tot 16 April besoek met die doel om handelsmoontlikhede tussen die twee lande te bevorder. Op 14 en 15 April sal die delegasie Pretoria besoek, waarna hulle dan (op 16 April) KwaZulu-Natal (Durban) sal besoek.  Die delegasie word gelei deur die Adjunk-minister vir Ekonomiese Ontwikkeling, Handel en Landbou, […]


Ukrainian trade mission will visit South Africa in April

The Ukrainian Trade Mission will visit South Africa from 14 to 16 April to explore trade opportunities. On 14 and 15 April the Mission will visit Pretoria and on 16 April they will visit KwaZulu Natal (Durban). The Mission will be chaired by the Deputy Minister for Economic Development, Trade and Agriculture, Mr Taras Kachka; […]


Sakeliga bied paneelgesprek aan oor Onteieningswetsontwerp en wysiging van artikel 25 van die Grondwet

Tian Alberts   ONTEIENING, KONFISKERING, BESLAGLEGGINGS EN DIE WAARDE VAN EIENDOM  Die sakeorganisasie Sakeliga het op Dinsdag, 30 Maart 2021 ‘n regstreekse paneelgesprek op sy Facebook-blad gehou, waartydens verskeie brandpunte rondom die omstrede Onteieningswetsontwerp en wysigings aan artikel 25 van die Grondwet bespreek is. Dit volg na twee sterk parlementêre voorleggings deur Sakeliga tydens verlede week se […]