Sakeliga eis onmiddellike terugtrekking van konsepregulasies oor billike indiensname 

Prokureurs vir Sakeliga het vandag aan minister Thulas Nxesi geskryf en hom gewaarsku dat sy regulasies oor sektorale teikens in die werksmag en die kommentaarproses daaroor onsamehangend en onverstaanbaar is en teruggetrek moet word. Indien hy dit nie terugtrek nie sal die regulasies, indien gepromulgeer, vatbaar wees vir regterlike hersiening.  In die  konsepregulasies wat op […]


Sakeliga-saak teen Ouditeur-Generaal aangehoor 

Sakeliga se hofsaak teen die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OG) om vir die eerste keer die staatsouditeur se ongeopenbaarde bestuursverslae van 154 probleemmunisipaliteite openbaar te maak, is verlede week aangehoor.  Betoë het hoofsaaklik gewentel rondom die vraag of die OG ‘n Grondwetlike plig het om hierdie bestuursverslae openbaar te maak. Die bestuursverslae verskil van die opsommende […]


Sakeliga neem stappe teen staat se vertragings in munisipale verval-hofsake

Staatsrespondente is besig om kritieke litigasie oor munisipale verval in Noordwes gewetenloos te vertraag. Vertraging aan die kant van die staat en ‘n skynbare gebrek aan prioritisering van sake van konstitusionele belang in die Hooggeregshof Mahikeng, stel gemeenskappe en sakelui aan eskalerende staatsverval bloot.  Dit is die stand van sake nadat die Hooggeregshof in Mahikeng […]


TLU SA Jongboerkomitee bied aan: Gholfdag

10 Februarie 2023

TLU SA Jongboerkomitee het dit goed gedink om ‘n gholfdag aan te bied by Silver Lakes Gholfbaan ten bate van TLU SA se Traumafonds wat aangewend word om juis die bogenoemde probleme te help verlig. Hierdie geleentheid beloof om een van die hoogtepunte op u kalender te wees.


Sakeliga en vennote begin regstappe teen nasionale regering oor vervallende Oos-Kaapse munisipaliteit

Sakeliga en ons plaaslike vennote het met regstappe teen die nasionale regering begin oor die voortslepende staatsmislukking wat die Enoch Mgijima-munisipaliteit in die Oos-Kaap se ineenstorting veroorsaak.  Die litigasie beoog om tussentydse verligting vir besighede en inwoners van Queenstown en ander geaffekteerde dorpe te verseker, terwyl blywende regspraak ontwikkel word vir meer uitgebreide toesig en […]



Stop lasvermindering

STOP LASVERMINDERING Steun Hierdie Saak Waarom hierdie hofsaak? Hierdie hofsaak teen Eskom poog om verligting te bring vir besighede en ander betalende direkte eindgebruikers van Eskom wat al sedert 2021 gebuk gaan onder “lasvermindering” — onreëlmatige kragonderbrekings wat bo-op beurtkrag geïmplementeer word. Korrespondensie waartoe Sakeliga toegang verkry het dui daarop dat Eskom lasvermindering op toevoerlyne […]


Sakeliga begin proses om Dlamini-Zuma aan minagting van die hof skuldig te laat verklaar

Dr. Nkosazana-Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering, bly in minagting van ‘n hofbevel wat gelas dat sy verskeie rekords oor haar 2020-ramptoestandbesluite aan Sakeliga moet voorsien. Sakeliga het daarom nou begin met ‘n proses om die minister aan minagting van die hof skuldig te laat verklaar. Dlamini-Zuma moes kragtens ‘n bevel wat Sakeliga op 9 […]


Sakeliga vat Eskom hof toe oor lasvermindering

Sakeliga, in samewerking met Agri Noord-Wes, TLU SA en geaffekteerde besighede, het vandag ‘n hofaansoek teen Eskom geloods om volgehoue lasvermindering op geteikende toevoerlyne stop te sit. Eskom staak nou al vir meer as ‘n jaar lank gereeld en vir ure aaneen direkte gebruikers op bepaalde toevoerlyne se kragtoevoer in ‘n oënskynlike poging om onwettige gebruik stop […]


Tronkstraf naby vir munisipale bestuurder oor nie-voldoening aan Sakeliga-hofbevel

Die voormalige munisipale bestuurder van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo sal volgende week moet tronk toe gaan, tensy die munisipaliteit vandag rekords waarvoor reeds in Mei 2021 aansoek gedoen is, aan Sakeliga oorhandig. Hendrick Ngoepe, voormalige munisipale bestuurder, asook die munisipaliteit self en sy huidige munisipale bestuurder is verlede week in ‘n aansoek deur […]