Soos julle bewus is en ook by ons jaarkongres uitgewys is, eskaleer die uitdagings vir boere in SA teen ‘n geweldige spoed. Ons almal is bewus van die enorme druk wat ons boere ervaar, of dit nou die droogte-geteisterde gebiede is wat onder geweldige druk verkeer, landbouskuld wat nie vereffen kan word nie, Eskom en beurtkrag wat produksieprosesse beïnvloed of die onvoorsiene seisoenale
natuurrampe, het die landbougemeenskap hulp nodig.


TLU SA Jongboerkomitee het dit goed gedink om ‘n gholfdag aan te bied by Silver Lakes Gholfbaan ten bate van TLU SA se Traumafonds wat aangewend word om juis die bogenoemde probleme te help verlig. Hierdie geleentheid beloof om een van die hoogtepunte op u kalender te wees.


Ons neem dus die vrymoedigheid om u in hierdie verband te nader.


Finansiële bydrae kan op een van die onderstaande wyses gelewer word:
• Borg van enige bof (R 4 500 sluit in 2 halfweghuis etes en 2 aandetes)
• Borg van ‘n waterpunt (R 4 500 sluit in 2 halfweghuis etes en 2 aandetes)
• Vierbal (R 3 800 sluit in halfweghuis etes, aandetes en 2 gholfkarretjies)
• Enige ander bydrae in die vorm van pryse (vier van ‘n soort) of pryse vir “longest drive” of “nearest to pin”
• Promosie items vir die verwelkoming sakkies aan die spelers (bv. kepse, handdoekies, sonbrandroom of enige item wat die speler sal kan gebruik met die gholfdag). Die blootstelling tydens hierdie Gholfdag sal beslis goeie bemarking vir u besigheid wees.


Kontak Aleshia Erasmus by [email protected] of 012 804 8031 vir enige verdere navrae.


By voorbaat dankie vir u positiewe gesindheid en ondersteuning.


Vriendelike groete,
Bennie van Zyl

10 Februarie 2023

Laai die borgbrief hier af. 

Plek: Silver Lakes Golf Estate