Nuwe konsepregulasies vir Indiensnamewet is onwerkbare kwotas

Die Februarie 2024 konsepregulasies vir die wet op billike indiensname behels ’n omvattende kwotastelsel vir indiensname gebaseer hoofsaaklik op ras. Die regulasies is onwerkbaar. In submissies vandag doen Sakeliga aan die hand dat die Minister van Arbeid die regulasies terugtrek, soos met die vorige regulasies uit 2023 na hewige druk deur Sakeliga en andere. Ons […]


Sakeliga bring hulde aan dr Sam Motsuenyane

Sakeliga bring hulde aan die invloedryke sakeleier dr Sam Motsuenyane, wat gister in die ouderdom van 97 oorlede is. Hy het ‘n bewonderenswaardige voorbeeld gestel as ‘n suksesvolle sakeman, toegewyde filantroop en voorstander van selfstandigheid en markoplossings in plaas van staatsinmenging.


Eiendomsreguleerder sê doen BEE of sluit jou besigheid

Tienduisende eiendomsagente, eiendomsontwikkelaars, eiendomsadministrateurs, verhuurders, direkte eiendomsverkopers, afslaers, eiendomsadverteerders en ander “eiendomspraktisyns” is aangesê om BEE te doen of op te hou sake doen. Op 13 Maart 2024 het die Eiendomspraktisyns Regulerende Owerheid (PPRA) aangekondig dat hy beplan om te weier om Getrouheidsfondssertifikate uit te reik of te hernu aan besighede met minder as 40 […]


Sakeliga bevraagteken FSTC se gesag om BEE-verslagdoening op te dwing

Die Finansiële Sektor Transformasieraad (FSTC) eis dat alle finansiële instansies, van individue tot groot korporasies, teen 28 Junie oor BEE-nakoming aan hom verslag doen. Dit kom voor asof die FSTC sy magte oorskry, deur B-BBEE-verslagdoening te vereis van finansiëledienste-instansies wat nie by B-BBEE-transaksies of sertifisering betrokke is nie. Sakeliga bevraagteken die FSTC se gesag om […]



Sakeliga gereed teen pogings om Poskantoor ’n monopolie te gee

Sakeliga is sterk gekant teen pogings om die Poskantoor ‘n voortgesette monopolie oor sekere posdienste te verleen. Gegewe die gevorderde toestand van agteruitgang en verval binne SAPO is dit onprakties en irrasioneel om sodanige monopolieregte vir die Poskantoor te oorweeg. Sakeliga bly waaksaam en monitor ontwikkelings in hierdie verband. Ons is gereed om regstappe te […]


Sakeliga wen hofsaak teen onregmatige munisipale invordering

Sakeliga het ’n hofsaak oor munisipale heffings en belastings gewen. Die hofbevel (klik hier om die hofbevel te besigtig) help om dorpe se sakelui en ander inwoners teen onregmatige en onbekostigbare munisipale invorderings te beskerm. Sonder die hofbevel sou ’n eksterne maatskappy in Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit (Koster, Swartruggens, en omgewing) onregmatig munisipale dienstegelde, heffings en belastings (uitgesluit […]


Dreigende ICASA BEE-regulasies sal die hele ekonomie skade berokken

ICASA se nuwe rasgebaseerde eienaarskap- en ekwiteitsregulasies is ’n beduidende bedreiging vir die lewensvatbaarheid van telekommunikasie- en internetdienste-ondernemings, en kan ’n skadelike presedent vir ander groot sektore skep. Met die afdwingingsdatum van 30 Maart 2024, wat dreig, moet belanghebbendes saamspan en hierdie regulasies dringend uitdaag voordat dit ekonomiese skade berokken in die sektor en alle […]


Werkgewers is in ’n sterk posisie teen nuwe indiensnemingskwotas

Die jongste konsepkwotas vir billike indiensneming is afgewater en onsamehangend, wat wys dat werkgewers in ’n sterk posisie is om verdere staatsinmenging in aanstellingsprosesse te vermy en teen te staan. Sowel die wetswysiging as die konsepregulasies bly hoogs aanvegbaar in litigasie, onuitvoerbaar in praktyk, en in algeheel teen die openbare belang. Sakeliga raai sakelui aan […]


10 Beste praktyke vir sakekamers teen staatsverval

Met of sonder die toestemming van die staat: Wat kan sakekamers doen wanneer staatsverval hul dorpe bedreig? Dit was die vraag by Sakeliga se 2023 Beraad vir Sterker Sakekamers en Sakeorganisasies. Hier is die sprekers se 10 beste praktyke vir sakekamers: Wil jy meer van hierdie soort oplossings sien en uitgenooi word na toekomstige berade? […]