pexels-miguel-á-padriñán-230518

VERHOED MONOPOLISERING VAN DIENSLEWERING DEUR MUNISIPALITEITE (SALGA-SAAK)

Waarom hierdie hofsaak?

Sakeliga het aan sy prokureurs instruksie gegee om aansoek te doen vir toevoeging as amicus curiae (vriend van die hof) in ‘n hofsaak waarin die applikant, SALGA, vra vir ‘n verklarende bevel dat munisipaliteite eksklusiewe reg geniet om elektrisiteit binne hul jurisdiksies te versprei. Sakeliga is gekant teen die proposisie dat munisipaliteite sodanige eksklusiewe regte geniet om sonder uitsondering middelman te wees in die voorsiening en verspreiding van elektrisiteit landswyd.

Sakeliga stem nie saam met die konstitusionaliteit van so ’n aanspraak nie en ook nie met SALGA se interpretasie van die Grondwet en wetgewing nie, en sal submissies daaroor voor die hof maak. Meer belangrik, egter, is dat die monopolie op elektrisiteitsvoorsiening wat SALGA deur hofprosesse vir munisipaliteite wil bewerk, groot skade kan inhou vir eindgebruikers in vervalle munisipaliteite waar die munisipaliteite tans eenvoudig nie vir Eskom betaal nie. Sakeliga staan daarom die saak teen.

Saakbesonderhede

Sakeliga as voorgenome amicus curiae (vriend van die hof) in die saak tussen SALGA v ESKOM Holdings SOC and Others

Status van saak: Aktief

Saak begin: 25 Oktober 2021

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Pretoria

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

1 Augustus 2022
​Eskom liasseer ‘n opponerende verklaring in die saak. Teen hierdie tyd het meeste van die privaat-entiteite wat as respondente gevoeg is, kennis gegee dat hulle by die uitspraak van die hof gaan hou.
​1 Mei 2022​Sakeliga skryf aan SALGA se prokureurs (SALGA het intussen van regspan verwissel), en dui aan dat Sakeliga gaan aansoek doen as amicus curiae in die saak.
​27 Oktober 2021​Sakeliga se prokureurs skryf aan SALGA se regspan en vra vir toegang tot die saaklêer.
25 – 29 Oktober 2021​Die volgende respondente liasseer kennisgewings van opponering: Eskom, Sasol, Damplaas, en AECI.
​25 Oktober 2021​Kennisgewing van mosie en funderende verklaring word deur SALGA by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien.

.html

HOFSTUKKE

[posts_table term="mlo-category:reg-2021-35" columns="title, button" button_text="Laai Af"]

Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit

Steun hierdie saak

Ander Aktiewe Litigasie

Archives

Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit