game-figure-g8f0cd3a1f_1920

SKRAP BEE-VOORAFDISKWALIFIKASIE IN STAATSTENDERS (PPPFA-SAAK)

Impak van hierdie saak

Sakeliga het die eerste omvattende terugrol van BEE deur litigasie behaal met hierdie saak. Die Konstitusionele Hof het op 16 Februarie 2022 in Sakeliga se guns bevind dat die Minister van Finansies, destyds Pravin Gordhan, ultra vires (buite magte) opgetree het, deur te reguleer asof hy wetgewende bevoegdheid gehad het. Die oorwinning volg op Sakeliga se vroeëre sukses in die aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appèl.

Die 2017 Verkrygingsregulasies het ’n waterskeiding in verkryging en BEE in Suid-Afrika beteken. Vóór 2017 kon maatskappye wat vir die staat getender het op die meeste 10% tot 20% gepenaliseer word indien hulle nie aan BEE-vereistes voldoen het nie. Dit was skadelik genoeg. Sedert die 2017-regulasies het staatsorgane egter veel verder gegaan: tendervereistes het begin om maatskappye by voorbaat uit te sluit, op grond van BEE-kriteria soos indien ’n maatskappy byvoorbeeld nie 100% in swart besit was nie. Wat nou gebeur het is dat die hof die Minister van Finansies se vooraf-diskwalifikasieregulasies ongeldig en ongrondwetlik bevind het.

Staatsorgane mag nou nie meer die onwettige dele van die 2017-regulasies in hul verkrygingsbeleide volg of beliggaam nie. Dit is ongeldig en ongrondwetlik vir hulle om swart ekonomiese bemagtiging vooraf-diskwalifikasiekriteria by tenders vir openbare verkryging toe te pas.

Saakbesonderhede

Status van saak: Afgehandel

Hof: Konstitusionele Hof

Datum van laaste uitspraak: 16 Februarie 2022

Uitkoms:
Uitspraak in Sakeliga se guns, met koste

HOFSTUKKE

[posts_table term="mlo-category:reg-2021-25" columns="title, button" button_text="Laai Af"]

Steun hierdie saak

Archives