Hierdie tenderregulasies vir staatskontrakte in Suid-Afrika onwettig verklaar

Sakeliga Team Members_Piet le Roux

Sakeliga het in Februarie 2022, ná ‘n hofstryd van vyf jaar, die eerste omvattende terugrol van BEE deur litigasie in die grondwethof behaal. Die hof het bevind dat die minister sy magte oorskry het deur omstrede rasgebaseerde verkrygingsregulasies (PPPFA-regulasies) uit te vaardig. Dié regulasies het kontrakteurs op grond van die rassesamestelling van besigheidseienaars van staatstenders gediskwalifiseer. Die gevolg was nie net reuse geleentheidsverliese vir duisende ondernemings nie,  maar ook waardeverliese vir belastingbetalers omdat staatsondernemings nie meer kontrakteurs hoofsaaklik op grond van waarde en prys kon keur nie. Die verkrygingsregulasies is deur die uitspraak onwettig en ongeldig verklaar. Dít het egter nie die  Direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie gekeer om skaars ‘n week ná die uitspraak onwettige instrukies, wat die uitpraak probeer systap, uit te vaardig nie. Sakeliga het binne 24 ‘n aanmaningskrywe aan die DG gestuur en daarop aangedring dat die instruksies onttrek word.

Hierdie uitspraak kap een van BEE se tentakels af, naamlik BEE-voorvereistes by staatstenders. Dit is ‘n groot terugslag vir BEE en ‘n wen vir besigheid en die publiek. Tog is dit nog nie naastenby die einde van BEE nie, want die staat is besig om BEE in ander wette ook uit te rol.

Jy kan Sakeliga help om BEE te stop. Sluit aan of skenk vandag aan Sakeliga. Hier is drie redes:

  • Sakeliga het gewys ons kan wen. Lees hier oor sakeliga se suksesrekord met litigasie.
  • Sakeliga is jou weerligafleier, sodat jy die regte ding kan doen sonder om jou besigheid polities bloot te stel
  • Met jou ondersteuning kan Sakeliga vinniger en beter litigeer, en vinniger ‘n alternatiewe, BEE-vrye sakenetwerk skep. Hier is Sakeliga se litigasieplanne oor BEE.

SLUIT HIER AAN

Archives