Sakeliga staan nuwe poging vir monopolisering van dienslewering teen

Sakeliga het aan sy prokureurs instruksie gegee om aansoek te doen vir toevoeging as amicus curiae (vriend van die hof) in ‘n hofsaak waarin die applikant, SALGA, vra vir ‘n verklarende bevel dat munisipaliteite eksklusiewe reg geniet om elektrisiteit binne hul jurisdiksies te versprei. Sakeliga is gekant teen die proposisie dat munisipaliteite sodanige eksklusiewe regte geniet om sonder uitsondering middelman te wees in die voorsiening en verspreiding van elektrisiteit.  SALGA – ‘n vereniging wat Suid-Afrika se […]


Sakeliga ondersoek verval by 154 probleem-munisipaliteite, oorweeg verdere litigasie

Prokureurs vir Sakeliga is opdrag gegee om ‘n versoek kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan die Ouditeur-Generaal te lewer, ten einde spesifieke bestuursverslae te bekom wat glo na afhandeling van die staatsouditeur se jaarlikse oudit, aan die onderskeie munisipaliteite se bestuurspanne voorgelê word. Die bestuursverslae word by die Ouditeur-Generaal aangevra […]



Sakeliga: Vertragings in betaalmeestersaak noodsaak nou geregtelike saakbestuur

Sakeliga het op 14 Desember 2021 sy regspan opdrag gegee om die kantoor van die Regterpresident van die Noord-Wes Afdeling van die Hooggeregshof, Mahikeng, te nader om ‘n spesiale allokasie van sy aansoek om ingryping in die Ditsobotla (Lichtenburg) en Naledi (Vryburg) plaaslike munisipaliteite. Dit is, om ‘n allokasie op die hofrol in die nabye toekoms te […]


Die kern van Sakeliga se argumente in sy betaalmeestersaak

Sakeliga het vroeër vanjaar ‘n sogenaamde “spesiale betaalmeester”-hofsaak in Noord-Wes aangekondig, met die oog op ‘n meer bevorderlike sake-omgewing vir lede en inwoners in die algemeen in Noord-Wes. Dit is miskien nodig om stil te staan by ‘n paar vrae oor hierdie hofsaak. Waarom nou hierdie saak bring? Hoekom dink Sakeliga dat ‘n betaalmeester gepaste […]


Sakeliga steun eiendomsregte van wapeneienaars in Konstitusionele Hof-saak

Sakeliga het onlangs aansoek gedoen om as amicus curiae – vriend van die hof – toe te tree in ‘n saak in die Konstitusionele Hof met die doel om die eiendomsregte van wapeneienaars te beskerm. Talle wapeneienaars se reg op wettige besit van hul vuurwapens is tans onder beleg weens die polisie se weiering om nuwe aansoeke vir wapenlisensies te ontvang […]



Sakeorganisasies staan landswye inentingsmandate teen

Prokureurs vir Sakeliga en vier ander sakeoganisasies het ’n brief insake die kwessie van verpligte inenting aan die Presidensie gestuur.  Die brief lui: “Ons kliënte is gekant teen staatsgedrewe verpligte inentingsbeleid en moniteringsmeganismes soos inentingspaspoorte, benadeling en uitsluiting van ongevaksineerde persone, en regulatoriese verpligting op besighede om verpligte maatreëls moontlik te maak en af te dwing.  “Ons bring onder u aandag dat ons kliënte nie gekonsulteer […]



Brief aan lede oor verpligte inentings

Gewaardeerde Sakeliga-lede  President Cyril Ramaphosa het Sondagaand weer ’n landwye televisieverklaring oor Covid-19-verwikkelinge gedoen. Hieronder deel ek ’n brief oor die saak deur my en my kollega, Russell Lamberti.  Die beskouing wat ons skets, veral met betrekking tot staatsverpligte inenting, is iets waarmee sommige van ons waarskynlik sal saamstem, ander nie en ander iets tussen-in. Wat ook al die geval, ons hoop dat lede dit as oorwoë en akkommoderend sal ervaar, soos ons dit ook opreg […]