Onmiddellike herroeping van gesondheidsregulasies nodig, maar nie noodwendig einde van litigasie

Sakeliga bevestig dat die staatsprokureur pas skriftelik aangedui het dat hy binne die volgende dag ‘n aankondiging oor die gesondheidsregulasies vanuit die kabinet verwag. Sakeliga se litigasie gaan intussen onveranderd voort en ons verwag steeds van die Departement van Gesondheid om antwoordende eedsverklarings te lewer. Wat Sakeliga nie sal aanvaar nie is pogings om litigasie […]



LUISTER: Sakeliga beteken hofstukke oor Covid-gesondheidsregulasies

In vandag se Beleidsradar (ook op Sakekern, PretoriaFM uitgesaai) gesels Tian Alberts (Sakeliga Regsbeampte) met James Kemp (Pretoria FM) oor Sakeliga se dringende litigasie teen die gesondheidsregulasies wat op 4 Mei 2022 in werking gestel is. Hierdie regulasies poog om regulasies wat onder die Covid-19-ramptoestand gegeld het, permanent te maak. Die regmatigheid van hierdie regulasies […]


Sakeliga raai alle staatsorgane aan om weg te bly van voorkwalifikasiekriteria

Publiek en sakeondernemings aangemoedig om ook staatsorgane te nader Sakeliga raai alle staatsorgane aan om weg te bly van die voorkwalifikasiekriteria in die verkrygingsregulasies van 2017 wat as ongeldig deur die Konstitusionele Hof bevind is. Dit sal konstitusioneel wys, ekonomies sinvol en in die openbare belang wees, ongeag die tydperk van opskorting van die hofbevel. […]


Sakeliga wen in Konstitusionele Hof, hof blameer minister vir verkrygingsverwarring

Die Konstitusionele Hof het vandag eenparig en met koste in Sakeliga se guns bevind teen die minister van finansies. Die Hof het sy bevel, wat die PPPFA-regulasies van 2017 onwettig verklaar onveranderd gehandhaaf en boonop uitgewys dat vertragings met staatsverkryging sedert die Februarie-uitspraak die minister se skuld is. Die uitspraak vandag spruit uit die minister […]


Gesondheidsregulasies-hofsaak openbaar minagtende konsultasiebenadering 

Dit lyk asof die minister van gesondheid die konsultasieproses geminag het en advies van sy eie adviseurs geïgnoreer het, toe hy op 4 Mei die moniteringsregulasies ingevolge die Wet op Gesondheid gepromulgeer het. Hierdie en ander ernstige tekortkominge blyk uit rekords van die minister en sy departement se besluitneming, wat Sakeliga kragtens die hofreëls in […]


Sakeliga speel saakmakende rol in Konstitusionele Hof-litigasie oor wapenbesit

Sakeliga kon weereens* ‘n saakmakende rol speel in die Konstitusionele Hof – dié keer oor die beskerming van eiendomsreg van wapeneienaars.   Sakeliga het, as amicus curiae (vriend van die hof), sy steun agter die sekuriteitsmaatskappy, Fidelity, gewerp. Fidelity het die saak aanhanging gemaak om die Minister van Polisie te verhoed om honderde van hul […]


Waarom Sakeliga BEE teenstaan en wat ons volgende gaan doen

https://vimeo.com/711824296%20 Toespraak gelewer deur Piet le Roux op die 2022 Black Business Council-beraad by die Gallagher-konvensiesentrum, Midrand, Suid-Afrika (geredigeer). Op 14 Februarie 2022, byna vyf jaar na die aanvanklike litigasie, het Sakeliga die eerste beduidende terugstoot van ’n BEE-tipe wet in Suid-Afrika in die Konstitusionele Hof behaal. Die Hof het bevestig dat die openbare verkrygingsregulasies […]


Sakeliga betuig eer aan Mike Schüssler

Dit is met groot hartseer dat Sakeliga kennis neem van die afsterwe van Mike Schüssler. Die las wat ’n goeie ekonoom dra is om vroegtydig te sien wat vir andere die ongesiene en onvoorsiene skade van aktiewe regering en staatsinmenging is. Mike Schüssler het hierdie las met onderskeiding gedra en was reguit oor die beleidsgedrewe […]


LUISTER: Sakeliga plaas die soeklig op energieregulasies en beywer vir energie-onafhanklikheid

In die nuutste aflewering van Beleidsradar, Sakeliga se weeklikse insetsel op Pretoria FM, gesels Sakeliga strateeg Gerhard van Onselen met James Kemp oor ‘n meningsartikel wat onlangse deur Sakeliga gepubliseer is. Die artikel is geskryf deur Russell Lamberti Sakeliga uitvoerende direkteur van navorsing en strategie en kyk na die huidige kwessie oor Eskom en elektrisiteitsvoorsiening. […]