LUISTER: Sakeliga plaas die soeklig op energieregulasies en beywer vir energie-onafhanklikheid

Sakeliga Team Members_Gerhard van Onselen

In die nuutste aflewering van Beleidsradar, Sakeliga se weeklikse insetsel op Pretoria FM, gesels Sakeliga strateeg Gerhard van Onselen met James Kemp oor ‘n meningsartikel wat onlangse deur Sakeliga gepubliseer is.

Die artikel is geskryf deur Russell Lamberti Sakeliga uitvoerende direkteur van navorsing en strategie en kyk na die huidige kwessie oor Eskom en elektrisiteitsvoorsiening. Lamberti voer dat die versekering genoegsame energie van lewensnoodsaaklike belang is vir  gemeenskappe en die groter samelewing in die algemeen.

Lamberti meen dat energie-onafhanklikheid nie verleen gaan word nie, maar teruggeneem moet word.

Die kruks van die saak is dat die regering te traag bly om die energiemark oop te stel vir oplossings want dit poog om korrupte en spesiale belange te beskerm.

Sakeliga sal in die komende maande ‘n bedingings- en regsstrategie ontwikkel om die energiekrisis vanuit verskeie hoeke hok te slaan sodat markgedrewe oplossings na vore kan tree.  

Archives