Sakeliga daag Mogalakwena munisipale bestuurder voor hof oor minagting

Sakeliga het ‘n hofaansoek in die Hooggeregshof in Polokwane gebring om die waarnemende munisipale bestuurder van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo aan minagting van die hof skuldig te bevind. Die aansoek volg op ‘n hofbevel wat Sakeliga op 18 Januarie vanjaar bekom het, om die munisipale bestuurder te verplig om verskeie rekords soos finansiële […]



Sakeliga gekant teen nuwe stroomop petroleumwetsontwerp: bykomende energiesektorregulering is nadelig

Sakeliga het sy teenkanting teen die nuwe Wetsontwerp op die Ontwikkeling van Stroomop Petroleumhulpbronne aangeteken. Dié wetsontwerp vererger en stel burokratisme, skadelike rasseprioriteite, en lastige regulering van petroleum en petrochemikalieë – die lewensbloed van ’n moderne ekonomie – in die vooruitsig Sakeliga het sy kommentaar op die voorstel by die parlement se portefeuljekomitee oor energie […]


Sakeliga betuig eer aan John Kane-Berman

Sakeliga verneem met hartseer van die afsterwe van John Kane-Berman, voormalige uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge. Sakeliga het met vrug gebruik gemaak van Kane-Berman se insigte en werk by die IRR en het die voorreg gehad om hom sedert 2011 by verskeie geleenthede as spreker te ontvang. By Kane-Berman kon ’n mens staatmaak […]




Sakeliga rig PAIA-versoek aan NEF oor gebruik van Solidariteitsfonds-geld

Sakeliga rig tans ‘n versoek om amptelike inligting aan die Nasionale Bemagtigingsfonds (NEF) oor die geld wat dit vanaf die Solidariteitsfonds ontvang en op die basis van ras vir noodleniging gereserveer het. Die versoek om inligting kom na aanleiding van die NEF se verklaring op 12 Julie 2022, waarin dit die NEF se noodleniging aan […]


Sakeliga gekant teen afdwing van BEE op regsprofessie

Sakeliga is gekant teen die kabinet se voorneme om BEE via die Regspraktisynsraad op die regsprofessie af te dwing. Ons waarsku dat so ‘n stap ernstige skade sal berokken aan die onafhanklikheid en effektiewe funksionering van die reg en derhalwe aan die konstitusionele orde in Suid-Afrika. Die regsverhouding is ‘n vertrouensverhouding tussen kliënt en regsverteenwoordiger. […]


Sakeliga verwelkom nuwe staande instruksie oor vervalde vuurwapenlisensies

Sakeliga verwelkom die nuwe staande instruksie aan die Suid-Afrikaans Polisiediens (SAPD) oor hoe vuurwapens, waarvan die lisensies verval het, hanteer moet word. Ingevolge die instruksie hoef sulke wapens nie meer vernietig te word nie, moet nuwe lisensie-aansoeke daarvoor aanvaar word, en moet eienaars van sulke wapens nie meer vervolg word as hulle vir nuwe lisensies […]