Sakeliga dringend hof toe oor gesondheidsregulasies

Sakeliga het gister hofstukke beteken aan die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, President Cyril Ramaphosa en andere. Sakeliga vra die hof om die gesondheidsregulasies wat Minister Phaahla op 4 Mei 2022 oornag gepromulgeer het, onwettig en ongrondwetlik te verklaar en ter syde te stel. Sakeliga se aansoek verskil van bestaande litigasie en plaas verdere noodsaaklike […]


Sakeliga gereed vir litigasie oor gesondheidsregulasies

Sakeliga het vandag vir president Cyril Ramaphosa en die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, in kennis gestel dat Sakeliga regstappe gaan neem om die gesondheidsregulasies wat verlede week gepubliseer is ter syde te laat stel, tensy die regulasies teen 18 Mei om 12:00 herroep word. In ’n brief wat Sakeliga se prokureurs vandag gestuur het, […]


Energie-onafhanklikheid word nie verleen nie, maar teruggeneem

Ons mees vername energieprioriteit is om genoeg energie te produseer. Ons moet bedag wees op pogings deur burokrate, staatskornuite en ideoloë om ons strewe na energie-onafhanklikheid in die wiele te ry. Energie-vryheid en -onafhanklikheid sal nie deur welwillende leiers verleen word nie – dit sal teruggeneem moet word deur veerkragtige, staatsbestande gemeenskappe, maatskappye en instellings.


Sakeliga stel nuwe klankkanaal bekend

Vandag stel ons ons nuwe program, Verskans, bekend. Ons betree tans ‘n nuwe fase. So tussen alles waaraan Sakeliga se Stategiese Ontledingseenheid werk, het ons gereëlde produk 3 Minute, 3 Sake tot ‘n einde gekom. In plek daarvan bied ons Verskans, ‘n nuwe program waarin ons kyk na die strategie en taktieke vir ‘n selfstandige […]



JONGSTE: Sakeliga-litigasie teen hernuwing van Nasionale Ramptoestand op koers 

Sakeliga is gekant teen die verlenging van die nasionale ramptoestand en gaan voort met litigasie. Die verlenging is ongeregverdig, onwettig en skadelik.  Sakeliga se litigasie om ‘n einde aan die nasionale ramptoestand te maak, vorder goed. Dr Nkosazana Dlamini-Zuma en ander respondente word tans deur die hofreëls verplig om binne die volgende 15 dae rekords […]


Nuutste oor Tenderregulasies in Suid-Afrika

16 Februarie 2022: Sakeliga wen in die Grondwethof; rasgebaseerde verkrygingsdiskwalifisering onwettig Sakeliga het in Februarie 2022, ná ‘n hofstryd van vyf jaar, die eerste omvattende terugrol van BEE deur litigasie in die grondwethof behaal. Die hof het bevind dat die minister sy magte oorskry het deur omstrede rasgebaseerde verkrygingsregulasies (PPPFA-regulasies) uit te vaardig. Die verkrygingsregulasies […]


Nuwe tenderregulasies wys impak van Sakeliga-wen in Grondwethof 

Vir die eerste keer sedert 2017 is BEE-voorvereistes afwesig uit die minister van finansies se voorgestelde regulasies vir staatstenders. Die konsepregulasies volg nadat die minister se 2017-regulasies, wat BEE destyds tot voorvereiste by staatstenders verhef het, in Februarie danksy Grondwethof-litigasie van Sakeliga onwettig en ongeldig verklaar is.  Die bewese onwettigheid van die vorige regulasies het […]


Tesourie gee toe aan Sakeliga: staatsorgane kan voortgaan met verkrygings

Die Direkteur-Generaal van die Nasionale Tesourie, Dondo Mogajane, het vandag aan Sakeliga toegegee dat sy omsendbrief aan staatsorgane oor voortgesette BEE-voorvereistes en die stop van tenders  nie bindend is nie.    Dit kom nadat ‘n landswye krisis die afgelope paar dae gedreig het waarin feitlik alle staatstenderprosesse tot stilstand sou knars, op grond van ‘n omsendskrywe […]


Hierdie tenderregulasies vir staatskontrakte in Suid-Afrika onwettig verklaar

Sakeliga het in Februarie 2022, ná ‘n hofstryd van vyf jaar, die eerste omvattende terugrol van BEE deur litigasie in die grondwethof behaal. Die hof het bevind dat die minister sy magte oorskry het deur omstrede rasgebaseerde verkrygingsregulasies (PPPFA-regulasies) uit te vaardig. Dié regulasies het kontrakteurs op grond van die rassesamestelling van besigheidseienaars van staatstenders […]