Sakeliga betuig eer aan Mike Schüssler

Mike Schüssler

Dit is met groot hartseer dat Sakeliga kennis neem van die afsterwe van Mike Schüssler.

Die las wat ’n goeie ekonoom dra is om vroegtydig te sien wat vir andere die ongesiene en onvoorsiene skade van aktiewe regering en staatsinmenging is. Mike Schüssler het hierdie las met onderskeiding gedra en was reguit oor die beleidsgedrewe probleme in die Suid-Afrikaanse ekonomie en samelewing. Met sy openbare invloed het hy regeringsbeleid in beter rigtings probeer stuur en besighede en die burgerlike samelewing in die algemeen op beleidsrisiko’s attent gemaak.

Sakeliga het oor die jare die voorreg van sy deelname as gasspreker by ons funksies gehad en kon altyd voordeel uit sy gewilligheid om met insig en advies by te staan trek. Waar die nood groot was het Mike self hand bygesit, soos in 2020 toe hy, tesame met verskeie ander persone en organisasies, insluitende Sakeliga, gehelp het om Business for Ending Lockdown te vorm om die skade van inperkings teen te werk.

Ons betuig ons medelye aan sy geliefdes en kollegas.

Archives