Oekraïense handelsending besoek Suid-Afrika in April

Copy of Copy of Untitled (1)

Die Oekraïense handelsending sal Suid-Afrika vanaf 14 tot 16 April besoek met die doel om handelsmoontlikhede tussen die twee lande te bevorder. Op 14 en 15 April sal die delegasie Pretoria besoek, waarna hulle dan (op 16 April) KwaZulu-Natal (Durban) sal besoek.  Die delegasie word gelei deur die Adjunk-minister vir Ekonomiese Ontwikkeling, Handel en Landbou, Mnr Taras Kachka. Die President van die Oekraïense Kamer van Koophandel, Mnr Chyzhykov, sal hulle vergesel. Die handelsending word deur die Ambassadeur vir Oekraïene in Suid-Afrika,  Haar Eksellensie, Liubov Abravitova, ondersteun.

Die beoogde besoek skep die geleentheid vir ons lede wat belangstel om eerstehandse sake-inligting te bekom, soos – onder andere:

  • ‘n Oorsig oor die Oekraïense industrie;
  • Samewerkingsooreenkomste tussen Oekraïne en Suid-Afrika asook vooruitsigte; en
  • Die meganisme vir die fasilitering van sakevennote.

Besigheid-tot-besigheid ontmoetings kan gereël word vir diegene wat belangstel, en aangeheg is ‘n lys van besighede (gebruik die skakel) wat verteenwoordig word asook die area van belangstelling. Kontak gerus ons Internasionale Skakelpersoon, Gerda Potgieter via e-pos: [email protected] of skakel haar telefonies op selnommer: 082 896 0955. Die afsnydatum is Vrydag, 9 April 2021, om 16:00.

Kliek hier om betrokke maatskappye te besigtig.

Archives