Hofoorwinning vir Musina-sakelui en Sakeliga teen Eskom en munisipaliteit

Twee jaar na die eerste regstappe om te keer dat Eskom elektrisiteit in Musina onderbreek is ‘n kostebevel ten gunste van Sakeliga verlede week in die Gautengse Hooggeregshof bekom. Die litigasie spruit uit pogings deur Eskom in 2018 en 2019 om elektrisiteit na alle gebruikers in Musina, insluitende betalende sakelui, af te skakel, ná versuim […]


‘n Nuwe wetsontwerp op billike indiensneming sou grootskaalse hervestigings regoor Suid-Afrika noodsaak.

Konseptueel en tegnies onversoenbaar met die Regstaat Op Dinsdag, 13 April 2021, het Sakeliga mondelinge voorleggings gedoen aan die Portefeuljekomitee vir Indiensneming en Arbeid oor die voorgestelde wysigingswetsontwerp op billike indiensneming. Die wetsontwerp bemagtig die Minister van Arbeid om rassedemografiese teikens vir indiensneming aan individuele ondernemings voor te skryf wat op elke werksplek en op elke […]


“’n Klinkklare resep vir ‘n ekonomiese ramp” – Sakeliga kritiseer Onteieningswetsontwerp in parlement.

“Die indruk bestaan dat die idee met hierdie onteieningswetsontwerp is om  op ‘n aaneenlopende basis onteiening in die land te doen, meestal benede markwaarde, en dít is ‘n klinkklare resep vir ‘n ekonomiese ramp,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê tydens sy voorlegging aan die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur, wat verantwoordelik is vir die wetsontwerp oor onteiening.  In ‘n mondelinge aanbieding waarsku Sakeliga dat die voorgestelde Onteieningswetsontwerp bots met internasionale beste praktyk, die standaarde van die Grondwet, en die strukturele vereistes van […]


Onteieningsklousule bring risiko vir konstitusionele orde en van parlementêre inkriminering mee – Sakeliga

Die sakegroep, Sakeliga, het vandag by parlementêre komiteeverhore sterk beswaar teen die voorgestelde Agtiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet.  Sakeliga het, soos vantevore, klem op die grondwetlike onversoenbaarheid van onteiening sonder vergoeding gelê, maar het bygevoeg dat onlangse formulerings die parlement op risiko plaas om publiekregtelike wanvoorstellings te doen.  Piet le Roux, uitvoerende hoof van die organisasie, het namens Sakeliga aangevoer:  “Grondwette is nie wettige grondslagdokumente is net omdat […]


Groot fout met proses vir onteieningswet – Sakeliga

Die portefeuljekomitee gemoeid met die onteieningswetsontwerp slaan klaarblyklik nie ag op geskrewe voorleggings nie en sluit nie alle deelnemers wat kwalifiseer by openbare verhore in nie. Dit is die afleiding van die sakeorganisasie, Sakeliga, na interaksie met die komitee vandeesweek.  Dié toedrag van sake beteken die komitee versuim sy grondwetlike plig om ‘n behoorlike proses te volg, insluitend behoorlike en billike deelname deur die publiek. Die komitee moet die proses regstel, alle skriftelike voorleggings oorweeg en alle kwalifiserende partye tydens mondelinge verhore […]


Nuwe BEE-kode skaad regsprofessie se onafhanklikheid en werking

Die konsep BEE-kode vir die regsbedryf stel ‘n bedreiging vir die onafhanklikheid en werking van die regsprofessie daar. Die kode skaad nie net die privaat belange van praktisyns, firmas en kliënte nie, maar ook die openbare belang, gegewe die regsprofessie se funderende rol in ‘n konstitusionele orde.  Hierdie submissies vorm deel van die sakeorganisasie Sakeliga se kommentaar vandeesweek op die konsep Regsektorkode. […]


Wetsontwerp onteiening het grondwetlike bekommernisse, bedreig die veiligheid van eiendom – Sakeliga

Die oogmerk van die Onteieningswetsontwerp, dat die regering privaat eiendom kan onteien, moet streng beperk en duidelik  omskryf word. Die wetsontwerp moet eiendomsreg eerbiedig en staatsmag beperk.  Dit was enkele van die opmerkings in Sakeliga se uitgebreide kommentaar oor die omstrede wetsontwerp wat hy vandeesweek ingedien het as deel van die openbare deelnameproses. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, meen dat die wetsontwerp met internasionale beste praktyk belyn behoort te word: “Beste praktyk beskou onteiening as ‘n ernstige, baie […]


SONA: Geen strukturele hervorming, staat verskerp skadelike beleid

Die staatsrede vanaand het nie die nodige strukturele hervormings aangekondig nie, ten spyte van die dringende nood daaraan. Hoe moeilik dit ook al was, ware hervorming deur president Cyril Ramaphosa sou moes begin met ‘n erkenning dat regeringsbeleid die hoofoorsaak van Suid-Afrika se ekonomiese krisis is. Dit sou ‘n alternatiewe visie van minder politiek en meer besigheid moes skets. In plaas daarvan het die president die regering sopas tot meer van dieselfde verbind.  […]


Ekonomiese en maatskaplike herstel kort veel meer, hervormende staatsrede benodig – Sakeliga

Sakelui is verlig oor die grendelregulasieverslapping, al is dit te min, maar bly besorg oor die risiko van blywende of heringestelde regulasies. Die moontlikheid van toekomstige grendelmaatreëls sal, totdat groter sekerheid bestaan, talle sakelui van investering en bedryfshervatting weerhou.   Intussen rig die regering se verbintenis tot nadelige en verdelende politiek groot skade aan. Restaurante op die rand van ineenstorting word gedwing om meer lone te betaal. Verligting vir ondernemings word op rasbasis gebied. En oor die algemeen bly die regering verbind tot groter sentralisering, onteiening, lisensiëring, BEE, en ander skadelike beleid.  President […]


Ras-gebaseerde toerisme-fonds vir besighede skadelik en onaanvaarbaar – Sakeliga

Die nuwe slegs-swart regeringsfonds vir toerismebesighede is skadelik en druis in teen die openbare belang. Dat die staat selfs in krisistyd sakelui probeer forseer om hul besigheidsbesluite op grond van rasseklassifikasie te neem, is moreel en ekonomies onaanvaarbaar. Só meen Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakegroep Sakeliga, na die bekendstelling van die Toerisme […]