Ekonomiese en maatskaplike herstel kort veel meer, hervormende staatsrede benodig – Sakeliga

lockdown

Sakelui is verlig oor die grendelregulasieverslappingal is dit te min, maar bly besorg oor die risiko van blywende of heringestelde regulasiesDie moontlikheid van toekomstige grendelmaatreëls sal, totdat groter sekerheid bestaan, talle sakelui van investering en bedryfshervatting weerhou 

Intussen rig die regering se verbintenis tot nadelige en verdelende politiek groot skade aanRestaurante op die rand van ineenstorting word gedwing om meer lone te betaal. Verligting vir ondernemings word op rasbasis gebied. En oor die algemeen bly die regering verbind tot groter sentralisering, onteiening, lisensiëring, BEE, en ander skadelike beleid. 

President Cyril Ramaphosa se staatsrede eersdaags sal ‘n belangrike aanduiding wees van tot watter mate die regering werklik ernstig is oor ekonomiese en maatskaplike herstel. Slegs as dit vir minder politiek en meer besigheid voorsiening tref sal dit ‘n goeie teken wees. Grootskaalse hervorming is al opsie vir die regering om die skade wat reeds berokken is ongedaan te maak. 

Archives