Inperkingsdeursigtigheid: Sakeliga dien aansoek vir minagting teen COGTA minister in

Sakeliga het ’n hooggeregshofaansoek gebring om die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) skuldig te laat verklaar aan minagting van die hof. Die jongste minagtingsverrigtinge het ten doel om die saak te finaliseer en duidelikheid te bied oor die beraadslagings- en besluitnemingsprosesse wat plaasgevind het in oploop tot skadelike en irrasionele beleide wat […]


Lisensieraad vir Lugdienste win regsadvies in oor hul onwettige BEE-vereistes

Die Lisensieraad vir Lugdienste (ASLC) is kniediep in die moeilikheid oor hul onwettige BEE-vereistes en vra nou by Sakeliga tyd om regsadvies in te win. Die ASLC is ’n statutêre liggaam wat lisensies aan lugdiensondernemings moet toeken onderhewig aan operasionele, veiligheid- en aanspreeklikheidsvereistes. Sakeliga het einde verlede jaar onthul dat die ASLC lugdiensondernemings onder druk […]


Sakeliga verwerp Sahpra se BEE-voorwaardes vir mediese produkte

Sakeliga verwerp die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) se voorgestelde BEE-voorwaardes vir die vervaardiging, invoer, voorskryf en verhandeling van gesondheidsprodukte en mediese toerusting. Sahpra se plan om BEE ’n voorvereiste in die mediese bedryf te maak is vervat in ’n nuwe konsepbeleid getiteld “Broad-based Black Economic Empowerment Policy for Issuance of Licences”. Die beleid stel dit ten […]


Hof bevind Sakeliga se Ouditeur-Generaal aansoek prysenswaardig, maar wetswysigings noodsaak langer proses

Die Gautengse Hooggeregshof het vandag bevind dat Sakeliga se poging om lig te werp op die wanfunksionaliteit van munisipaliteite prysenswaardig is, maar weens onlangse wetswysigings ‘n  langer proses moet volg. Sakeliga gaan dus voort om die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (die “OG”) se gedetailleerde bestuursverslae oor vervallende munisipaliteite te bekom.  Ons betreur dit dat die OG […]


Stop lasvermindering

STOP LASVERMINDERING Steun Hierdie Saak Waarom hierdie hofsaak? Hierdie hofsaak teen Eskom poog om verligting te bring vir besighede en ander betalende direkte eindgebruikers van Eskom wat al sedert 2021 gebuk gaan onder “lasvermindering” — onreëlmatige kragonderbrekings wat bo-op beurtkrag geïmplementeer word. Korrespondensie waartoe Sakeliga toegang verkry het dui daarop dat Eskom lasvermindering op toevoerlyne […]



Verwyder obstruksies tot alternatiewe elektrisiteit

VERWYDER OBSTRUKSIES TOT ALTERNATIEWE ELEKTRISITEIT Steun Hierdie Saak Vermeld obstruksies tot alternatiewe elektrisiteit Waarom hierdie hofsaak? Sakeliga ondersoek tans opsies vir regsaksie om obstruksies tot alternatiewe elektrisiteit in Suid-Afrika uit die weg te ruim. Ons nooi sakelui en andere, wat konkrete behoeftes aan regsbystand op ‘n beginselgrondslag het, om ons te nader. Die grootskaalse kragonderbrekings […]



Verhoed monopolisering van dienslewering deur munisipaliteite (SALGA-saak)

VERHOED MONOPOLISERING VAN DIENSLEWERING DEUR MUNISIPALITEITE (SALGA-SAAK) Steun Hierdie Saak Waarom hierdie hofsaak? Sakeliga het aan sy prokureurs instruksie gegee om aansoek te doen vir toevoeging as amicus curiae (vriend van die hof) in ‘n hofsaak waarin die applikant, SALGA, vra vir ‘n verklarende bevel dat munisipaliteite eksklusiewe reg geniet om elektrisiteit binne hul jurisdiksies […]