VERSNEL DRASTIESE INGREPE BY DITSOBOTLA-MUNISIPALITEIT

Waarom hierdie dringende hofaansoek?

Dienslewering, insluitend watervoorsiening, het in September 2022 tot ’n stistand geknars in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes  (Lichtenburg en Coligny). Sakeliga, in samewerking met plaaslike vennote, het toegetree om drastiese versnelling mee te bring van die strategiese munisipale litigasie wat reeds onderweg is is en waarmee Sakeliga regspraak vir toepassing dwarsoor die land wil skep. Hierdie saak, waarin Sakeliga reeds ’n gunstige hofbevel in die eerste been van die aansoek bekom het, poog om Ditsobotla se plaaslike staatsverval tot die hoogste vlak van ingryping waarvoor die Grondwet voorsiening maak te eskaleer en leiding te bied in die skepping van regspraak waarmee die probleem, op den duur, volhoubaar opgelos kan word.

Kern aan die regshulp wat Sakeliga vra is magtiging vir gemeenskapsinstansies om self noodingrepe te doen en dat Sakeliga en ons vennote toesig mag hou oor die regering se ingrepe. 

Saakbesonderhede

Status van saak: Aktief; dringende aansoek

Saak begin: 7 Oktober 2022

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Mahikeng

Volgende hofdatum: 
Te bepaal d.m.v. saakbestuur.

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

24 Maart 2023
Prokureurs vir Sakeliga stuur ‘n brief aan die Regter-President van die hooggeregshof en vra vir ‘n dringende saakbestuurvergadering sodat die saak dringend weer terug op spoor kan kom.
23 Maart 2023
Vroegoggend op die 23ste Maart word Sakeliga se regspan gekonfronteer met die realiteit van verskeie ander aansoeke wat ook voor dieselfde hof geplaas is, en wat meeste van die hof se tyd daardie twee dae in beslag sal neem. Verdere eedsverklarings deur onder andere die Minister van Finansies en die Ditsobotla Munisipaliteit wat ter elfder uur die aand voor die tyd geliasseer is, maak ‘n uitstel van die saak onvermydelik.
7 Maart 2023


Na aanleiding van die plaaslike munisipaliteit se versuim om aan die bevel in Deel A te voldoen, bekom Sakeliga ‘n verdere bevel in Deel A om die distriksmunisipaliteit te verplig om teen 17 Maart 2023 die watertoevoer te herstel en op daardie datum aan die hof verslag te doen daaroor.
13 Februarie 2023
Die Hooggereshof beveel dat die September 2022 dringende aansoek saam met Sakeliga se reeds hangende aansoek om die aanstelling van ‘n betaalmeester, op 23 en 24 Maart 2023 aangehoor moet word. Dit is ‘n spesiale allokasie.
18 November 2022
Die saak word hervat voor die hof, vir die aanhoor van submissies oor die regering se nie-voldoening aan die deel A-bevel van 13 Oktober en met die oog op ‘n gewysigde deel A-bevel wat Sakeliga se reeds verkreë regshulp versterk. Deel B van die aansoek moet ook aangehoor word.

Die regter is egter van mening dat hy nie die saak kan aanhoor nie en verwys die saak na ‘n ander waarnemende regter. Die waarnemende regter neem op daardie stadium egter nie meer waar nie, en spesiale direktiewe moet eers by die regterpresident van die Noordwes-afdeling van die Hooggeregshof bekom word voor die saak verder geneem kan word.
10 November 2022
Die administrateur en provinsiale regering bly steeds in versuim om die waterkrisis op te los soos die bevel in Deel A van die hofsaak vereis.

Deel B van die hofaansoek word aangehoor, maar staan oor na ‘n toekomstige datum as gevolg van die regering se nie-voldoening aan die deel A-bevel. Die regter verdaag die hof sodat die regering se onderskeie regspanne eenstemmigheid kan bereik onder mekaar oor hoe die regering hul nie-voldoening aan die Deel A-bevel aan die hof kon verduidelik, en watter moontlike ooreenkoms met Sakeliga gemaak kon word. 
13 Oktober 2022
Deel A van die hofsaak teen die regering, wat handel met die herstel van watertoevoer word aangehoor. Die hof lewer op dieselfde dag uitspraak in die Deel A-been van die aansoek. Die hof beveel in Sakeliga se guns dat die administrateur watertoevoer moet verseker ooreenkomstig die gemeenskap se behoeftes. Die hof beveel ook dat Sakeliga ‘n toesigrol mag uitoefen oor die herstel van waterdienste.
7 Oktober 2022
Sakeliga loods ‘n dringende hofaansoek in die Noordwes-afdeling van die Hooggeregshof. Sakeliga word bygestaan deur twee mede-applikante, ‘n openbare belang-organisasie en ‘n plaaslike sakeman.
30 September 2022 ‘n Vergadering vind plaas tussen Sakeliga en verteenwoordigers van die provinsiale regering (Noordwes) en nasionale regering. Die regering bied geen onderneming dat kritieke dienste soos watertoevoer binne die komende dae herstel sal word nie en bied slegs vae ondernemings oor wanneer ‘n administrateur aangewys sal word en munisipale werkers sal terugkeer na hul poste.
23 September 2022 Sakeliga stuur ‘n aanmaning aan die Noordwes provinsiale regering, die nasionale regering en president en eis ‘n dringende vergadering met verteenwoordigers van die regering oor die humanitêre en konstitusionele krisis in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit. Sakeliga eis ook, onder andere, dat verpligte nasionale ingrepe kragtens artikel 139(7) van die Grondwet gedoen word, en ‘n administrateur dadelik aangestel word.
20 September 2022 Sakeliga vergader met sakekamers, sakelui en andere in die geaffekteerde areas om meer besonderhede te bekom oor die aangeleentheid.


HOFSTUKKE

[posts_table term="mlo-category:reg-2022-88" columns="title, button" button_text="Laai Af"]

Steun hierdie saak

Ander Aktiewe Litigasie