Sakeliga neem deel aan Bitcoin-geleentheid wat parallelle strukture vir vrye en welvarende gemeenskappe ondersoek

Sakeliga Uitvoerende Direkteur en ekonoom Russell Lamberti sal praat by die komende Adopting Bitcoin Cape Town-konferensie by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum op 26 – 28 Januarie 2024. Sy toespraak sal Sakeliga se strategie uiteensit vir die ontwikkeling van skaalbare oplossings vir staatsverval en die bevordering van ‘n florerende ekonomie wat sal bestand wees teen skadelike […]



Sakeliga verwelkom terugtrek van Eskom-sluierregulasies

Sakeliga verwelkom Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging dat die vrystelling vir Eskom van bepalings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur “vir nou” teruggetrek sal word. Nietemin het Sakeliga reeds begin ondersoek instel na die mate waartoe soortgelyke vrystellings vir ander staatsentiteite oorweeg word. Sakeliga se regspaneel dien tans PAIA-aansoeke in om te […]


Sakeliga eis dat sluierregulasies oor Eskom-verspilling teruggetrek word

Sakeliga se prokureurs rig tans ‘n skrywe aan die Minister van Finansies waarin ons vereis dat die minister redes verskaf vir sy besluit dat Eskom nie onreëlmatige uitgawes asook vrugtelose en verspilde uitgawes in sy finansiële state hoef te verklaar nie.   Hierdie omstrede besluit is op 31 Maart 2023 in die staatskoerant gepubliseer.  Sakeliga dring […]



Sakeliga vat Eskom hof toe oor lasvermindering

Sakeliga, in samewerking met Agri Noord-Wes, TLU SA en geaffekteerde besighede, het vandag ‘n hofaansoek teen Eskom geloods om volgehoue lasvermindering op geteikende toevoerlyne stop te sit. Eskom staak nou al vir meer as ‘n jaar lank gereeld en vir ure aaneen direkte gebruikers op bepaalde toevoerlyne se kragtoevoer in ‘n oënskynlike poging om onwettige gebruik stop […]


Sakeliga kry bevel teen Dlamini-Zuma oor openbaarmaking van inperkingsrekords

Besluitnemingsrekords oor Covid-inperkings sal vir eerste keer openbaar gemaak word Vir die eerste keer sedert die verklaring van ‘n nasionale ramptoestand oor Covid-19 in Maart 2020, sal die sluier van geheimsinnigheid oor die regering se besluitnemingsprosesse oor Covid-rampbestuurregulasies, gelig word. Weens ‘n hofoorwinning wat Sakeliga vandeesmaand teen Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana […]



Sakeliga herhaal: staatsentiteite kan onmiddellik kies om BEE- en plaaslike inhoudvereistes in verkryging te staak

Sakeliga herhaal die standpunt in ons verklaring en spesiale verslag wat verlede week uitgereik is dat staatsentiteite onmiddellik BEE- en plaaslike inhoudsvereistes in verkryging kan staak. Die Wetsontwerp oor Openbare Verkryging kan dit nie verander nie en in die mate waartoe dit so voorgee sal Sakeliga dit grondwetlik aanveg.   Nóg foutiewe “opklaring” deur sommige nasionale […]