Sakeliga verwelkom terugtrek van Eskom-sluierregulasies

A long line of electrical transmission towers carrying high voltage lines.
A long line of electrical transmission towers carrying high voltage lines.

Sakeliga verwelkom Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging dat die vrystelling vir Eskom van bepalings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur “vir nou” teruggetrek sal word. Nietemin het Sakeliga reeds begin ondersoek instel na die mate waartoe soortgelyke vrystellings vir ander staatsentiteite oorweeg word.

Sakeliga se regspaneel dien tans PAIA-aansoeke in om te bepaal vir watter staatsinstellings soortgelyke vrystellings reeds geld – en of daar enige verdere vrystellings vir ander staatsinstellings in die visier gestel word.

Die vrystelling sou Eskom toegelaat het om nie in sy finansiële state verslag te doen oor onreëlmatige, vrugtelose en verspilde uitgawes nie.

Argiewe