Sakeliga verwerp Wysigingswet oor Gelyke Indiensneming – gaan regstappe instel 

Depositphotos_328739596_L

Sakeliga verwerp die Wysigingswet oor Billike Indiensname en is besig om litigasie daaroor voor te berei. 

Die wysigingswet, wat op 6 April 2023 deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, laat die regering toe om demografiese kwotas aan private werkgewers voor te skryf, ongeag of hulle met die staat sake doen. Dat die voorskrifte voorlopig beperk sal word tot maatskappye met 50 of meer werknemers, is geen rede tot troos nie, aangesien dit bloot neerkom op die stuksgewyse instelling van ‘n fundamenteel onaanvaarbare beleid wat uiteindelik na werkgewers wat onder laer drempels val uitgebrei sal word. 

Sakeliga berei litigasie teen die Wysigingswet voor en sal ook met ander organisasies skakel wat dit doen. Die regsproses sal waarskynlik ‘n uitgerekte aangeleentheid wees. Op hierdie stadium is geen regulasies al gepubliseer om spesifieke uitvoering aan die wet te gee nie. 

Sakeliga moedig werkgewers aan om waarde-gefokusde indiensneming te handhaaf, ongeag ras, eerder as om aan fundamenteel onkonstitusionele en skadelike wetgewing te voldoen. 

Ons herhaal ons standpunt dat dit besighede se konstitusionele plig is om skadelike staatsinmenging in die openbare belang teen te staan. 

Argiewe