Sakeliga verwelkom en ondersteun twee belowende inisiatiewe in Ditsobotla

Om stabiliteit en welvaart terug te bring na plaaslike ekonomieë en gemeenskappe is van kardinale belang om ‘n algehele destabilisasie te vermy. Gegewe sy gevorderde mate van ineenstorting, beskou Sakeliga Ditsobotla as ‘n belowende saak vir die ontwikkeling van antwoorde wat na ander munisipaliteite kan skaal.



Wanneer is ‘n teiken ‘n kwota en waarom is dit belangrik? 

Vinnige opsomming  Is daar ‘n verskil tussen ‘n teiken en ‘n kwota? Sommige beweer dat die Wysigingswet op Diensbillikheid (EEAA) nie so problematies is nie omdat dit slegs vir buigsame “teikens” vra en nie rigiede “kwotas” afdwing nie. Is hierdie ‘n geldige verdediging van die EEAA?  Artikel 15 (3) van die EEA (Wet op Diensbillikheid) […]


Openbare belang-litigasie: ‘n Hoë-impakinstrument vir verantwoordelike besigheid 

In plaas daarvan om oor staatsmislukking en skadelike beleid te kla, is Sakeliga as ‘n uitkomsgerigte entiteit gevestig met ‘n ondubbelsinnige waardevoorstel – impakvolle litigasie om ‘n gesonde sakeomgewing te vestig wat bestuur word deur ‘n onafhanklike en veerkragtige – staatsbestande – besigheidsgemeenskap. Sakeliga is die vooraanstaande voertuig vir besigheidsmense en organisasies om skaalbare oplossings vir staatsmislukking te skep.




Sakeliga verwerp Sahpra se BEE-voorwaardes vir mediese produkte

Sakeliga verwerp die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) se voorgestelde BEE-voorwaardes vir die vervaardiging, invoer, voorskryf en verhandeling van gesondheidsprodukte en mediese toerusting. Sahpra se plan om BEE ’n voorvereiste in die mediese bedryf te maak is vervat in ’n nuwe konsepbeleid getiteld “Broad-based Black Economic Empowerment Policy for Issuance of Licences”. Die beleid stel dit ten […]


Hof bevind Sakeliga se Ouditeur-Generaal aansoek prysenswaardig, maar wetswysigings noodsaak langer proses

Die Gautengse Hooggeregshof het vandag bevind dat Sakeliga se poging om lig te werp op die wanfunksionaliteit van munisipaliteite prysenswaardig is, maar weens onlangse wetswysigings ‘n  langer proses moet volg. Sakeliga gaan dus voort om die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (die “OG”) se gedetailleerde bestuursverslae oor vervallende munisipaliteite te bekom.  Ons betreur dit dat die OG […]


Besigheid en burgerlike samelewing moet NGV nou vertraag en daarna voorkom

Sakeliga aanvaar nie die voorgestelde nasionale gesondheidsversekeringskema wat vandag aanvaar deur die Parlement van Suid-Afrika nie. Sakeliga beskou die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering as onimplementeerbaar, onwerkbaar en skadelik. Dit ondermyn die ekonomie, gesondheid en die samelewing in die breë. Ons beklemtoon dat vasberade teenstand deur organisasies in die sakewêreld en burgerlike samelewing die NGV se […]


Hoe Ramokgopa drie fases van beurtkrag kan terugrol

Sakeliga het ‘n verslag oor waarde-vir-geld staatverkryging aan die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, gestuur wat, indien dit gevolg word, die behoefte aan beurtkrag met tot drie fases kan verminder. Dit volg nadat die minister in ‘n onlangse onderhoud gesê het dat nie-waardetoevoegende tussengangers voorsieningskettingvertragings veroorsaak wat gemiddeld drie stadiums van beurtkrag byvoeg.* Die voorkoms […]