Besigheid en burgerlike samelewing moet NGV nou vertraag en daarna voorkom

e432ca900283422abc5194d292e8c9d5

Sakeliga aanvaar nie die voorgestelde nasionale gesondheidsversekeringskema wat vandag aanvaar deur die Parlement van Suid-Afrika nie.

Sakeliga beskou die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering as onimplementeerbaar, onwerkbaar en skadelik. Dit ondermyn die ekonomie, gesondheid en die samelewing in die breë.

Ons beklemtoon dat vasberade teenstand deur organisasies in die sakewêreld en burgerlike samelewing die NGV se vordering met jare kan vertraag en genoeg tyd kan koop om die implementering daarvan te voorkom. Tussen die wetsontwerp se inwerkingstelling lê nie net vele verdere wetgewende prosesse nie, nie slegs verskeie politieke verkiesings nie, en nie alleen verskeie rondes van litigasie nie, maar in die finale instansie die onwrikbare opposisie van verantwoordelike sake- en ander burgerlike organisasies wat opstaan soos nooit tevore nie.

Sakeliga sien uit na samewerking teen die NGV met vele sterk organisasies in die jare wat voorlê. Ons nooi besighede, wat ’n florerende ekonomie vir ’n florerende samelewing wil verseker en die staat wil verhoed om beheer van gesondheidsdienste te neem, om Sakeliga te nader en te ondersteun.

Argiewe