Aksie in Oënskou: Sakeliga verbeter beskerming teen grondbesetters

Julius Malema leader of the EFF Economic Freedom Fighters  — Photo by SunshineSeeds
Julius Malema leader of the EFF Economic Freedom Fighters — Photo by SunshineSeeds

Ons dringende ingryping het deurslaggewende wetgewing teen grondbesettings gehandhaaf, wat eiendomsbeskerming verbeter het.

Die EFF en Julius Malema het in 2019 geslaag met ’n aansoek na die hooggeregshof dat artikel 18(2)(b) van die Wet op Oproerige byeenkomste, wat aanhitsing om misdade insluitend betreding van eiendomme te pleeg, ongrondwetlik verklaar word. Die EFF het verder ʼn bede gebring om die Wet op Betreding, wat die gemeenregtelik misdaad van betreding bevestig, ongrondwetlik te laat verklaar. Indien hul hiermee geslaag het, sou eiendomsreg verwater deur wetstoepassing teen onwettige betreders van eiendom te bemoeilik.

Die saak is gemaak na aanleiding van strafregtelike vervolging van Malema weens sy aanhitsing van volgelinge om grond te beset. Die hooggeregshofuitspraak is gevolglik na die Konstitusionele-hof vir bevestiging van grondwetlike ongeldigheid verwys. Sakeliga het in die Konstitusionele-hof toegetree as amicus curiae (vriend van die hof) en unieke submissies gemaak ter ondersteuning van die behoud van die misdaad van aanhitsing en meegaande vonnisbepalings. Die hooggeregshofuitspraak insake die ongrondwetlikheid van vonnisbepalings vir die misdaad van aanhitsing, is gevolglik deur die Konstitusionele-hof ter syde gestel.

By Sakeliga identifiseer en dryf ons sake waarby sakelui en die publiek gedeelde belang het. Ons bied ‘n veilige kanaal vir sakelui om sonder openbare risiko litigasie te ondersteun. 

  • Ons litigasie verlig staatsverval en skadelike inmenging waar moontlik en koop tyd vir alternatiewe waar nodig. 
  • Ons litigeer teen sleutelbedreigings vir kommersiële orde, soos onteiening, BEE, munisipale verval en wanbestuur, en regulasies in die nasleep van Covid-19. 
  • Ons bied ‘n veilige kanaal vir sakelui om, sonder openbare blootstelling en risiko, litigasie te ondersteun. 

Bou skaalbare oplossings vir staatsverval – word ‘n Sakeliga Befondser.

Argiewe