Openbare belang-litigasie: ‘n Hoë-impakinstrument vir verantwoordelike besigheid 

Law concept - Open law book with a wooden judges gavel on table in a courtroom or law enforcement office isolated on white background. Copy space for text

Terwyl baie mense moedeloos en hopeloos word oor die vlakke van vermorsing, wanbestuur, en skade wat deur verteenwoordigers van die staat aangerig word, het verantwoordelike sakelui ʼn meganisme tot stand gebring om die heersende gevoel van onvermydelike mislukking uit te daag. 

In plaas daarvan om oor staatsmislukking en skadelike beleid te kla, is Sakeliga as ‘n uitkomsgerigte entiteit gevestig met ‘n ondubbelsinnige waardevoorstel – impakvolle litigasie om ‘n gesonde sakeomgewing te vestig wat bestuur word deur ‘n onafhanklike en veerkragtige – staatsbestande – besigheidsgemeenskap. Sakeliga is die vooraanstaande voertuig vir besigheidsmense en organisasies om skaalbare oplossings vir staatsmislukking te skep. 

Dit mag nie onmiddellik duidelik wees hoekom besighede en ander kommersiële entiteite na kommersiële litigasie in die openbare belang sou gryp nie. ’n Alledaagse siening is dat besighede en besigheidsmense slegs om persoonlike wins omgee. 

Hierdie kortsigtige siening van entrepreneurs en besigheidsmense is in stryd met ervaring. Soos Adam Smith reeds in die 17de eeu opgemerk het, neig suksesvolle entrepreneurs daartoe om voortdurend te probeer om die behoeftes en probleme om hulle heen te identifiseer en oplossings te bied. 

Maar wat gebeur wanneer die probleme wat opgelos moet word nie take is vir individuele entrepreneurs om op te los deur uitstekende produkte en dienste nie, maar gemeenskaplike probleme is wat handel belemmer en gemeenskappe benadeel? Kan besighede steeds ‘n oplossing bied? Ons glo die antwoord is ja, wanneer sakelui hul pogings organiseer en saamwerk om ‘n gunstige sakeomgewing te skep en te handhaaf. Met Sakeliga werk besigheidsleiers daaraan om antwoorde te vind vir sommige van ons samelewing se dringendste kommersiële uitdagings, wat bedreigings vir handel en eiendom, vervallende infrastruktuur, en verswakkende sekuriteit insluit. 

Kommersiële litigasie in die openbare belang bied ‘n manier waardeur die sakegemeenskap in Suid-Afrika staatsverval en skadelike inmenging kan weerstaan waar moontlik, en ‘n meganisme om tyd te koop om alternatiewe buite die staat te vestig waar nodig. 

Dit is deur hierdie litigasie-voertuig wat ons daarin geslaag het om die weg te baan vir die hervorming van staatsverkryging vry van vernietigende BEE-vereistes, waardeur ons Eskom se pogings gestuit het om krag van betalende eindgebruikers af te sny weens die mislukkings van hul munisipaliteite, en waarmee ons tans litigasie voer om hindernisse vir private alternatiewe elektrisiteitsopwekking uit te skakel. 

Kommersiële litigasie in die openbare belang komplementeer dus nie net die probleemoplossende aktiwiteite van besighede nie, maar dit is ‘n doeltreffende manier waarop kommersiële entiteite verantwoordelike rentmeesters van die ekonomie kan wees en kan bydra tot die welsyn van hul gemeenskappe.

Ons befondsers en gemeenskap speel ‘n onontbeerlike rol in hierdie oorwinnings, wat staan as ’n getuigskrif van die impak wat gemotiveerde en optimistiese sakemense kan bewerkstellig wanneer hulle behoorlik georganiseer is. Met Sakeliga hoef sakelui nie alleen te voel wanneer hulle van ons mees dringende gedeelde gemeenskaplike probleme aanpak nie. 

Indien u ons werk van waarde ag maar nog nie ‘n aktiewe befondser is nie, help ons gerus om die boodskap te versprei deur dit met u kollegas en vriende te deel. Of as u direk ons optrede om skaalbare oplossings vir staatsmislukkings te skep wil ondersteun, kan u ons aktiwiteite befonds en deel word van hierdie noodsaaklike projek om ‘n vryer en welvarender sakeomgewing te skep in die plek wat ons liefhet. 

Argiewe