Koffie-en-kenmekaar (12)

Sakeliga bied aan: Sakeontbyt met

prof. Luigi Marco Bassani

“Die staat as historiese verskynsel”

Sakeontbyt met prof. Luigi Marco Bassani.

Professor in Politieke Teorie, Universiteit Milaan.

Lede en vriende van Sakeliga word genooi na ‘n sakeontbyt oor “Die staat as historiese verskynsel,” met professor Luigi Marco Bassani. Prof. Bassani sal ‘n praatjie oor die staat as historiese verskynsel lewer, gegrond op sy akademiese navorsing en publikasies.

Die praatjie sal van waarde wees vir sakelui wat in ʼn dieper begrip van nie slegs die Suid-Afrikaanse staat belangstel nie, maar ook van die staat as politieke en institusionele konsep, sy moderne vorme en die ontwikkeling daarvan oor etlike eeue.

Oor die spreker:

Professor Bassani is ’n professor in politieke teorie aan die Universiteit Milaan. Hy het al uitgebreid in die Verenigde State en Italië doseer en is die skrywer van verskeie artikels en boeke.

Kursusse wat hy tans aanbied sluit in die geskiedenis van politieke denke, internasionale politieke denke en die geskiedenis van hedendaagse politieke denke. Sy navorsingsbelangstelling sluit in politieke en konstitusionele denke in die VSA, die maatskaplike filosofie van die Oostenrykse skool, Machiavelliaanse historiografie en vroeë Italiaanse Marxisme. Sy mees onlangse boek is Chaining down Leviathan, The American Dream of Self-Government 1776 – 1865 (2021).

19 Oktober 2022

Vir bywoning is bespreking noodsaaklik.

Datum: Woensdag, 19 Oktober 2022 

Koste: R200 (lede van Sakeliga) of R400 (nie-lede) 

Plek: 

Ontbyt: Vovo Telo, Loftus Park, Kirnknessstraat 416, Arcadia, Pretoria, 0007

Aanbieding: Sakeliga raadsaal, Loftus Park, Blok A, Vloer 5

Begintyd: 07:30 vir 08:00

Eindtyd: 10:00

Hierdie funksie word aangebied in Engels.

Archives