[LUISTER] Dis-Chem se penarie – besighede is nie agente van skadelike staatsbeleid nie – Piet le Roux

Sakeliga Team Members_Piet le Roux

Piet le Roux (Sakeliga se uitvoerende hoof) het met James Kemp op die Beleidsradar gesels (Vrydae-aande op Sakekern, Pretoria FM) oor die onlangse herrie oor ‘n interne memorandum by Dis-Chem.

Die memorandum plaas ‘n moratorium op die verdere aanstelling en bevordering van wit mense in Dis-Chem. Die moratorium is uit verskeie oorde verwerp en hoewel dit intussen teruggetrek is, is dit nog nie duidelik of Dis-Chem van die beleid self afstand gaan doen nie.

Die gesprek het die penarie waarin Dis-Chem en soortgelyke maatskappye hulself nou bevind onder die loep geneem. Le Roux het daarop gewys dat Dis-Chem in ‘n moeilike, maar nie onmoontlike posisie is nie.

Sakeliga is bekommerd dat groot maatskappye te maklik en te gelate instem om agente vir die staat se skadelike beleide gemaak te word. Ondernemings moet veral nie in hul eie planne in hul teikens hul eie straf oplê nie.

In die komende tyd – met sulke beleide wat strenger toegepas sal word – meen Le Roux moet ondernemings georganiseerd saamstaan om effektief teen skadelike beleide terug te druk.

Lees ook Le Roux se onlangse boodskap aan Sakeliga-lede.

Argiewe