Klein dorpe in Suid-Afrika struikel, maar hoef nie te val nie

Rural_community_(Standerton,_South_Africa)

Heelwat doodsberigte is al geskryf oor Suid-Afrika se klein en verafgeleë dorpies. Tog, terwyl baie van hierdie dorpe deur chroniese wanbestuur en agteruitgang geteister is en steeds word, ontstaan daar hoop in nuwe paradigmas wat verder as ‘n oormatige vertroue en afhanklikheid van ‘n mislukkende staat strek.

Om stabiliteit en welvaart terug te bring na plaaslike ekonomieë en gemeenskappe is van kardinale belang om ‘n algehele destabilisasie te vermy, waardeur plaaslike ineenstorting uiteindelik lei tot onhanteerbare druk op plaaslike boerderybedrywighede, wat verder oorspoel na metropolitaanse gebiede wat reeds onder druk verkeer. Maar hoe voorkom ‘n mens dat hierdie soort mislukking onomkeerbaar word?

Sakeliga en sy vennote werk hard  daaraan om regspresedente en goeie praktyk te vestig op die gebied van munisipale verval waar ons alternatiewe meganismes vir dienslewering moontlik maak.

Sakeliga, met die hulp van ons lojale befondsers, ontwikkel ‘n model van litigasie wat in belangrike opsigte in staat is om skadelike misbruik en wanbestuur van gesag deur die staat te keer en selfs om te keer.

Ons identifiseer en dryf kommersiële sake in die openbare belang. Sake met die potensiaal vir ʼn groot gunstige impak op die ekonomie. Ons bied sakelui ‘n veilige roete om litigasie te ondersteun sonder openbare blootstelling en risiko’s.

Hoe kies ons wanneer en waaroor om te litigeer? Ons poog om geleenthede vir litigasie op ‘n plaaslike of munisipale vlak op te spoor om nie net die gemeenskappe wat direk geraak word te beskerm nie, maar ook om presedente te skep wat regdeur die land strek. Voorbeelde van die uitkomste van hierdie benadering is gevalle soos die Musina-saak waar Sakeliga daarin geslaag het om Eskom se pogings om die krag na betalende eindgebruikers in die stad af te sny weens munisipale skuld te stuit; ander soos die SALGA-saak spreek nie net die gebrek aan optrede deur owerhede aan nie, maar bemagtig ook besighede en gemeenskappe deur te veg om die monopolisering van dienslewering deur munisipaliteite te voorkom.

Die baanbrekersaak in hierdie verband is egter ons litigasie in Ditsobotla waar die Noordwes Provinsiale Regering beveel is om verantwoordelikheid vir die krisis in Ditsobotla te aanvaar, om met Sakeliga daaroor te konsulteer en elke drie maande aan Sakeliga verslag te doen.

’n Realistiese strategie vir die herstel van plaaslike ekonomieë kan natuurlik nie net op litigasie staatmaak nie – dit moet ook die skepping van alternatiewe diensleweringsmeganismes en ander strukture insluit. Dit is hoekom Sakeliga ‘n belowende inisiatief verwelkom en ondersteun om orde in die ineengestorte munisipaliteit Ditsobotla te herstel, naamlik die Ditsobotla Dienstevereniging – ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur plaaslike besighede en gemeenskappe met bystand van Sakeliga en in parallel aan Sakeliga se voortgesette litigasie vir nuwe grondwetlike presedente in Ditsobotla gedryf word. Die doel daarvan is om diensleweringsmislukkings teë te werk en orde – en hoop – in dorpe soos Lichtenburg te herstel.

Klein dorpe in Suid-Afrika kry verskriklik swaar. Maar hul sterwe is nie onvermydelik nie. Eerder as om so ‘n heengaan as ‘n voldonge feit te behandel, moet sakegemeenskappe terugveg, en soos al by talle geleenthede getoon is, kan jou ondersteuning en betrokkenheid ‘n groot verskil maak.

Sakeliga litigeer teen sleutelbedreigings vir kommersiële orde en ons optrede bevorder grondwetlike beginsels vir ‘n florerende ekonomie. As ‘n gemeenskap van betrokke en dinamiese besighede en individue, kan ons lank genoeg litigeer om staatsverval en skadelike inmenging te stuit om tyd te koop vir die bou van alternatiewe. Vertroue op die staat was ‘n doodloopstraat, laat ons as sakelui die verantwoordelikheid aanvaar om ‘n florerende en veerkragtige besigheidsomgewing te bou.

Klik hier en befonds Sakeliga!

Argiewe