Hofstukke vir saak teen besigheidslisensiëring

Hierdie plasing voorsien skakels na inligting en alle hofstukke soos geliasseer in Sakeliga se hofsaak teen besigheidslisensiëring. NUUT: Die gekonsolideerde bundel, gepagineer en vir gebruik in die hof, is nou beskikbaar. Dit bevat alles wat hieronder gelys is. Klik hier. Ou skakels: Opsomming van die hofsaak, klik hier. Volledige bundel deur Sakeliga se regspan, klik […]


Sakeliga waarsku teen staatsmediasie ná twee pogings

Partye wat hierdie mediasie onderneem loop die risiko van ’n partydige fasiliteerder en die staat se vertraging van die saak, te midde van ononderbroke en wesenlike skade as gevolg van arbitrêre en onregmatige grendelregulasies.


Inperking: 50% kan binne drie maande bankrot speel – Sakeliga-peiling

Meer as 50% van die 706 deelnemers wat in die eerste gedeelte van Mei aan die sakegroep Sakeliga se jongste Covid-19-ondernemingsimpakpeiling deelgeneem het, se ondernemings gaan binne drie maande bankrot wees as die huidige vorm van die inperking voortgaan. Verder verwag meer as agt uit elke 10 van die respondente reusagtige dalings in hulle onderneming […]


Grendelstaat ‘n ramp in wording

Besighede wat hul deure sluit en werkers wat in die toue van die werkloses aansluit is besig om die kenmerke van hierdie grendelstaat te word. Dit is ‘n ekonomiese, maatskaplike en humanitêre ramp in wording. Van die besighede wat aan ‘n onlangse peiling deur Sakeliga deelgeneem het, verwag 19% om binne die volgende maand bankrot […]



Sakeliga nooi ondernemings om belemmering deur wetstoepassers aan te meld

Die sakegroep Sakeliga berei tans voor op litigasie met die doel om die permitstelsel vir besigheid te verwyder of te versag. Die doel is om die reg op werk en op besigheid te herstel deur, waar die regering of wetstoepassers onregmatig permitte en papierwerk vereis, arres en verwante belemmering te voorkom. Sakeliga nooi ondernemings en […]


Sakeliga skenk geld vir noodleniging en regsaksie teen die staat se kaping van welwillendheid

Die sakegroep Sakeliga en sy lede het vandag ‘n verdere R200 000-skenking aan die welwillendheidsorganisasie Solidariteit Helpende Hand aangekondig. Die geld word geoormerk vir noodleniging en, indien nodig, regsaksie ter voorkoming van die staat se kaping – oftewel nasionalisering – van welwillendheid. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die geld is vir privaat welwillendheid en mag nie aan die staat oorgedra word nie: “Danksy ledebydraes kan Sakeliga nog […]


Die inperking versmoor een van SA se grootste bates

Onafhanklike skrywer: Chris Hattingh Volgens die Minister vir Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het die toerisme sektor sover in 2020 R54.2 miljard verloor. Ons moet die effek van COVID-19 op internasionale toerisme in gedagte moet hou, maar dit word by die dag duideliker dat die Suid-Afrikaanse regering se eie inperking en COVID-19-regulasies die toerisme sektor se besigheid […]


Sakeliga moedig lede aan om Woensdag restaurante te ondersteun 

Die selfstandige sakegroep Sakeliga moedig sy lede aan om op Woensdag, 22 Julie, restaurante en koffiewinkels te ondersteun as deel van die Restaurant Association (RASA) se Million Seats on the Streets-veldtog. Die grendelstaat kos hierdie industrie reeds soveel as R7 miljard per maand, oftewel sy totale omset. Na maande se onnodig skadelike, buitensporige en impulsiewe regulasies, is verskeie industrieë op hul knieë. In besonder het die kleinhandel-, voedsel- en drankindustrie die totale ineenstorting van sy omset van bykans R7 miljard per maand, wat […]


Sakelui moet individuele regsadvies bekom alvorens hulle regulasies konfronteer 

Sakeliga beveel sterk aan dat sakelui en ander lede van die publiek behoorlike regsadvies vir hul unieke situasies bekom alvorens hulle gapings of onwettighede in die grendelstaatregulasies probeer konfronteer.  “Niemand behoort ‘n regmatige regulasie te verbreek nie. Die realiteit is dat die onduidelikhede in die regulasies, hofuitsprake, teenstrydige ministeriële uitsprake en ekonomiese nood mense dwing tot optrede waarin hul […]