Werkloosheid: Skrap grendelstaat en plaas moratorium op minimumloon

Die politieke, maatskaplike en humanitêre gevolge van 2,2 miljoen mense in Suid-Afrika wat hul werk verloor het verdwerg die risiko van Covid–19. Die grendelstaat behoort onmiddellik afgeskaf te word en drastiese verligtingsmaatreëls, soos ‘n moratorium op die minimumloon, behoort dadelik ingestel te word.    So meen Piet le Roux, Uitvoerende Hoof van die sakegroep Sakeliga: “Dit is die minste wat die regering vir werkloses en ondernemings kan doen nadat die onverantwoordelike staat van inperking besighede, werknemers en die samelewing landswyd lamgelê het. Suid-Afrika […]