Vind nóg “Oplossings vir Suid-Afrika se platteland” by hierdie konferensie

WhatsApp Image

Die platteland is in verval, maar dit hoef nie so te bly nie. Sakelui kan ingryp en nou is hier nóg ’n geleentheid om uit te vind hoe: die Oplossings vir Suid-Afrika se platteland-konferensie, op 20 en 21 Februarie 2024, buite Bothaville.

As vennoot van dié konferensie, aangebied deur Landbouweekblad en Senwes, nooi Sakeliga graag almal in ons netwerk daarheen uit. As jy betrokke is, of wil wees, by regrukpogings in jou dorp of streek, kom sluit dan aan by vele ander besighede en gemeenskapsorganisasies by wie jy kan leer en met wie jy kan saamwerk vir idees en oplossings.

Die Oplossings-konferensie se sprekerslys is uitgebreid en bied uitstekende aanvulling vir deelnemers aan Sakeliga se 2023 Beraad vir Sterker Sakekamers en Sakeorganisasies (klik hier vir ’n oorsig van daardie Beraad).

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sal as een van die sprekers by Oplossings vir die Platteland optree, oor ’n strategie vir sakekamers om ekonomiese beheer te herstel in dorpe wat ly onder staatsverval. Die krisis op die platteland vereis skaalbare oplossings wat antwoord op die bedreiging én die geleentheid van staatsverval. Met goeie koördinasie kan plaaslike sakegemeenskappe sulke antwoorde vir hulself en hul gemeenskappe help ontwikkel, om orde en voorspoed in hul plaaslike ekonomieë te herstel.

Sakeliga moedig die deelnemende sakekamers, gemeenskap- en bedryfsorganisasies van Sakeliga se Sakekamerondersteuningsnetwerk sowel as ander belanghebbendes aan om die Oplossings vir Suid-Afrika se Platteland-konferensie by te woon. 

Argiewe