Sakeliga verwerp Wysigingswet oor Gelyke Indiensneming – gaan regstappe instel
Sakeliga verwerp die Wysigingswet oor Billike Indiensname en is besig om litigasie daaroor voor te berei. Sakeliga moedig werkgewers aan om waarde-gefokusde indiensneming te handhaaf, ongeag ras, eerder as om aan fundamenteel onkonstitusionele en skadelike wetgewing te voldoen.