Sakeliga-hofaansoek word deur Ouditeur-Generaal geopponeer

custom_resized_f7462fea-3265-4f3d-8229-fbe669a26500

Die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OG) het voorneme aangedui om Sakeliga se hofaansoek, om 154 probleem-munisipaliteite se jaarlikse bestuursverslae te bekom, te opponeer.

Sakeliga het hierdie hofaansoek in Julie teen die OG van stapel gestuur, om vir die eerste keer die OG se ongeopenbaarde bestuursverslae van 154 probleem-munisipaliteite openbaar te maak.  

Ons hofaansoek spruit uit die OG se weiering op 10 Februarie vanjaar, kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA), om die munisipale bestuursverslae aan Sakeliga te lewer.

Ons voer in hofstukke aan dat die OG ‘n grondwetlike plig het om nie net die gevorderde bestuursverslae van die 154 geïdentifiseerde munisipaliteite nie, maar wel ook alle verslae ten opsigte van alle munisipaliteite openbaar te maak. Sodanige openbaarmaking kan ‘n nuwe tydvak vir aanspreeklikheid van staatsamptenare, rekenskap van belastinggeld en munisipale litigasie inlui.

Die OG moet teen 24 Augustus ‘n antwoordende eedsverklaring in die saak liasseer, waarna Sakeliga verdere stappe sal doen om die saak tot verhoor te bring.

Lees Sakeliga se hofstukke hier.

Argiewe