[Luister] BEE-kodes: Sakeliga teen rasgebaseerde inmenging by die regsberoep

Sakeliga Team Members_Piet le Roux

Piet le Roux (Sakeliga uitvoerende hoof) gesels in die Beleidsradar-insetsel vir Sakekern (Pretoria FM) oor die voorgestelde BEE-kode vir die regspraktyk.

Hierdie kode beoog om ingrypende BEE-bepalings in die regsprofessie in te stel en sal ‘n skadelike effek op regslui en hul kliënte hê, volgens Le Roux.

Die kode beoog strenger rassetransformasie in die regsprofessie met verskeie onredelike bepalings, wat selfs op verpligte arbeid kan neerkom. Die kode beteken in effek dat dit bykans onmoontlik sal wees vir regspraktisyns om te praktiseer indien hulle nie aan BEE voldoen nie. Die vertrouensverhouding tussen praktisyns en hul kliënte sal boonop ernstig benadeel word en uiteindelik maak die kode in geheel inbreuk op die noodsaaklike onafhanklikheid van die regsberoep.

Sakeliga staan die kode in geheel teë en het onlangs kommentaar daarteen ingedien.

Argiewe