K1/2021: Ekonomiese Oorsig vir Besluitneming in die Sakewêreld

pexels-sora-shimazaki-5668858

Bestuursopsomming

Die risiko waaroor ons in November met betrekking tot grendelstydinperkings gewaarsku het, is ongelukkig in Desember en Januarie verwesenlik, wêreldwyd sowel as plaaslik. Die wêreldwye ekonomiese inperkings het produksie- en handelsbedrywighede opnuut ontwrig. Tesame met plaaslike inperkingsmaatreëls vir die toerisme-, restaurant-, ontspannings- en alkoholbedryf het buitelandse inperkingsmaatreëls gemaak dat die plaaslike herstellopie van 2020 se tweede helfte vroeg in 2021 tot stilstand gekom het.

Ekonomiese aktiwiteit het wel aansienlik verbeter sedert K2 2020, toe die streng inperking meer as 2 miljoen mense hul werk gekos het. Die verslapping van inperkingmaatreëls vroeg in Februarie 2021 en die noordelike halfronde se wintermaande wat einde se kant toe gaan, behoort ook te sorg dat saketoestande begin verbeter.

Groot ekonomiese skade en ontwrigting is egter die afgelope jaar aangerig en dit sal langdurige ekonomiese ontbering, hertoedeling van hulpbronne en die herstel van spaargeld verg om dit te oorkom.

Klik hier om die volledige verslag te lees.

Archives