K1/2021: Ekonomiese Oorsig vir Besluitneming in die Sakewêreld

Bestuursopsomming Die risiko waaroor ons in November met betrekking tot grendelstydinperkings gewaarsku het, is ongelukkig in Desember en Januarie verwesenlik, wêreldwyd sowel as plaaslik. Die wêreldwye ekonomiese inperkings het produksie- en handelsbedrywighede opnuut ontwrig. Tesame met plaaslike inperkingsmaatreëls vir die toerisme-, restaurant-, ontspannings- en alkoholbedryf het buitelandse inperkingsmaatreëls gemaak dat die plaaslike herstellopie van 2020 […]